Reisdokumentasies Flashcards
(20 cards)
Vereiste dokumentasies vir toegang tot n land.
visum
paspoort
gesondheidsertifikaat
Paspoort.
Sertifiseer die identiteit en nasionaliteit van n persoon.
verskillende soorte paspoorte:
amptelike paspoort:
uitgereik aan iemand wat op amptelike sake reis.
gewoonlik n ander kleur.
word ook n dienspaspoort genoem.
diplomatiese paspoort:
uitgereik aan iemand wat op amptelike staatsake reis.
word aan die regering uitegreik.
kan n ander kleur wees.
tydelike paspoort:
uitegreik aan burgers wat vir n gewonde paspoort aansoek gedoen het.
nie geldig in alle lande nie.
geldig vir 12 maande na die uitreikdatum.
SA’se paspoort is geldig vir 10 jaar.
Kan nie verval nie, moet hernu word.
SA’se paspoorte bevat die volgende inligting.
foto van die paspoorthouer.
soort paspoort.
paspoortnommer.
houer se naam en van.
uitreik en vervaldatum.
persoonlike besonderhede (geslag, ouderdom ens)
Visum.
Dokument wat aan reisigers toestemming gee om na n plek te reis.
verskillende soorte visums:
besoekersvisum (studie,werk,medies,vrywilliger)
deurgangsvisum (toeriste on route na ander lande)
diplomatiese visum (diplomatiese paspoorthouer)
hoflikheidsvisum (uitgereik aan besoekers deur DIVSA)
amptelike visum (amptelike paspoorthouers)
Vereistes vir toeriste wat tussen lande reis.
Toeriste moet bewyse van die volgende hê:
n geldige paspoort.
n geldige visum.
voldoende fondse om verblyf in die land te betaal.
n retoerkaartjie.
n gesondheidsertifikaat vir geelkoors.
Internasionale Rybewys (IDP)
Laat n motoris toe om in n vreemde land te bestuur.
Faktore om in ag te neem wanneer dit kom by IDP.
Party lande erken die IDP slegs vir n beperkte tydperk.
Party lande erken nie n buitelandse rybewys nie.
N IDP kan nie uitgereik word na die vervaldatum van die ooreenstemmende rybewys nie.
Hoe om n IDP te bekom.
Deur n AA Autoshop of AA Travel Experience Store.
Die volgende moet verskaf word om n IDP te bekom:
twee onlangse identiese paspoortfoto’s
geldige rybewys
geldige ID of paspoort
n permitfooi
Vereistes om n paspoort te bekom.
Om vir n paspoort aansoek te doen:
ID nommer
Twee paspoortfoto’s
Vingerafdrukke
Fooi
Dokumentasies wa voorgelê moet word:
voltooide paspoortaansoekvorm
n oorspronklike ID dokument en n afdruk daarvan.
Vereistes om n visum te bekom.
geldige paspoort
voldoende fondse vir die duur en verblyf.
retoerkaartjie of opvolgkaartjie.
voltooide visum aansoekvorm.
Verantwoordelikheid van SAID.
Die invordering van doeanebelasting.
Toesig oor invoer en uitvoer regulasies.
Voorkomining van smokkelary en onwettige handel.
Belastingvrye goedere.
Goedere wat reisigers in SA mag inbring sonder om BTW te betaal.
Verbode goedere.
Goedere wat reisigers volgens wet nie in SA mag inbring nie.
enige dwelms
enige gif
vervalste goedere
Verskil tussen die groen - en die rooi kanaal.
Groen :
reisigers het niks om te verklaar nie.
hulle het geen verbode of beperkte items nie.
Rooi:
reisiger het items om te verklaar.
hulle het verbode en beperkte items.
Goedere wat verklaar moet word.
valuta
bedreigde plante en diere
medisyne
vuurwapens
voedsel
Reistoelaes.
Verwys na hoeveel geld die reisiger toegelaat word om in SA in te neem.
Regulasies:
elke reisiger mag n bykomde bedrag (R25 000) in banknote saamneem.
Aanlyn kredietkaartbetalings mag nie meer as R20 000 wees nie.
Doeane - regulasies.
Alle reisigers wat in SA arriveer en weer die land verlaat moet n reisigerskaart invul.
Engels en in hoofletters.
Met blou of swart pen.
Slegs die oorspronklike reisigerskaart moet by die beamptes ingedien word.
Vertrek uit SA.
Wanneer reisigers waardevolle items uit Suid-Afrika neem met die doel om dit weer terug te bring moet dit voor vertrek geregistreer word.
As die waarde van die items R50 000 oorskry, is ’n NEP-vorm (“No Exchange Provided”) van ’n handelsbank nodig vir valutabeheer.
Reisigers moet hul bagasie en die NEP-vorm aan ‘n doeane-ampte wys vir inspeksie en sertifisering. Hulle moet die vorms hou vir herinvoer na Suid-Afrika.
Toeriste en buitelanders kan by vertrekpunte aansoek doen vir terugbetaling van BTW op goedere wat hulle in Suid-Afrika gekoop het. Hulle moet die belastingfakture en goedere aan die betrokke inspekteur wys.
Aankoms in SA.
Wanneer reisigers in Suid-Afrika aankom, word sekere goedere belastingvry toegelaat as dit saam met hulle vertrek het of in belastingvrye winkels gekoop is.
Reisigers kan kies om ’n uniforme doeanekoers van 20% te betaal op nuwe of gebruikte goedere wat hulle van oorsee inbring, solank die totale waarde nie R20 000 per persoon oorskry nie. Hierdie goedere is ook vrygestel van BTW, en die opsie mag net een keer elke 30 dae gebruik word. Dit geld nie vir reisigers wat ná minder as 48 uur se afwesigheid terugkeer nie.
As die waarde van al die goedere onder R25 000 is, mag die uniforme koersopsie gebruik word. Indien dit meer as R20 000 is of die persoon nie die uniforme koers gebruik nie, sal normale belasting- en BTW-tariewe geld. BTW teen 14% is dan betaalbaar op die waarde van elke item.
Toegang tot en interprettering van doeane-inligting.
Reisigers kan doeane-inligting uit verskeie bronne verkry, soos:
SAID (Suid-Afrikaanse Inkomstediens)
Reistoerisme-webwerwe
Ambassades en konsulate
Hierdie bronne bied kaarte, inligtingsstukke, telefoonlyne en ander hulpmiddels wat die regte prosedures vir doeane verduidelik.
Toegangspunte het kennisgewingsborde wat maklik is om te verstaan.
Vluggasvroue gee dikwels die nodige vorms voor landing en verduidelik wat om te doen met betrekking tot die doeaneprosedures.