Beroemde Wêreldikone en Toeriste attraksies Flashcards
(8 cards)
Verskil tussen n toeriste-attraksie en n ikoon.
Toeriste attraksie: plekke wat toeriste graag wil besoek.
Ikoon: toeriste attraksie wat wêreldberoemd is.
Wêrelderfenisgebied.
Plek wat deur UNESCO as waardevol verklaar is.
Redes waarom sekere plekke ikone word.
Verteenwoordig identiteit
Hou verband met beroemde mense
Bied buitengewone ontspanning
Is visueel aantreklik
Ekonomiese betekenis van ikone vir n land of streek.
Toerisme groei wanneer mense meer verdien.
Kommunikasietegnologie maak ikone bekend en toeriste besoek dan hierdie ikone.
Direkte ekonomiese impak:
skep wins vir hotelle, restaurante, kleinhandelaars en vervoerdiensverskaffers.
Ander impakte:
werksgeleenthede neem toe.
ontwikkeling van infrastruktuur.
nuwe besighede ontstaan en ondernemings groei.
Vermenigvuldigingseffek.
Wanneer baie toeriste n ikoon besoek en geld spandeer, bevoordeel dit die plaaslike ekonomie deur inkomste te skep.
Hierdie geld word dan gebruik om personeel aan te stel en produkte aan te koop.
Nagevolge van oorbeklemtoning van ikone.
onvolhoubare ontwikkeling
kweekhuisgasvrystelling
verkeersopeenhoping
omgewingskade
negatiewe sosiale impak
Verskillende toeriste.
avontuurtoeriste: om deel te neem aan opwindende ervarings.
kultuurtoeriste: om plekke van kulturele belang te sien.
omgewingstoeriste: om die natuurlike omgewing te ervaar.
ontspanningtoeriste: om te ontspan en weg te breek.
godsdienstoeriste: om te reis na plekke van godsdienstige belang.
spesiale belangstelingtoeriste: om te reis na plekke wat verband hou met hul belangstellings.
Statistieke van toeriste wat ikone besoek.
Toeristegetalle by ikone word gebruik om te beplan vir:
Bemarkingstrategieë – om te weet wanneer en hoe om die ikoon te adverteer.
Instandhouding – opknapping word gedoen in seisoene met minder toeriste.
Beskerming van die ikoon – beperkings kan ingestel word.