Sondagaande Flashcards Preview

Afrikaans Literature > Sondagaande > Flashcards

Flashcards in Sondagaande Deck (17)
Loading flashcards...
1
Q
Skryf slegs die brief van die korrekte antwoord neer: "die aand stuur sy roofvoëls uit" is 'n voorbeeld van 
A beklemtoning 
B eufemisme 
C vergelyking 
D personifikasie
A

D Personifikasie

2
Q

Watter woord impliseer dat ‘n mens nie uit die atmosfeer van ‘n Sondagaand kan ontsnap nie ?

A

Taai

3
Q

Die spreker voel dat Sondagaande vyandig teenoor hom is. Hoekom dink hy so?

A

Hy voel asof Sondagaande hom bekruip (sirkel) soos ‘n roofvoël en die spreker voel soos die prooi. Dit is asof Sondagaande die jagter/vyand is en die spreker is die
slagoffer.

4
Q

Haal drie opeenvolgende woorde aan wat impliseer dat die roofvoëls nie onmiddellik toeslaan op hul prooi nie.

A

“Draai eers rond”

5
Q

Watter enkele woord impliseer dat hulle stadig grondwaarts beweeg?

A

“Sink”

6
Q

Waar speel hierdie gebeure blykbaar af?

A

Dit speel af in ‘n stad, met woonstelle.

7
Q

Ons lees in die eerste reël van roofvoëls. Waarvan kom hulle ‘n mens op ‘n Sondagaand beroof?

A

Hulle beroof jou van die vrolike atmosfeer en sosiale verkeer van die naweek.

8
Q

Wat dui “skerp oë” deur implikasie van die voëls aan? Kies jou antwoord uit die volgende:
A Roofvoëls het goeie nagvisie.
B Roofvoëls sien in die aand beter as in die dag.
C Hulle sien alles raak, niks ontgaan hulle nie.
D Hulle oë maak die spreker baie bang.

A

C Hulle sien alles

9
Q

Ons lees van die voëls op die krom lamppale.

Wat is die funksie van lamppale gewoonlik?

A

Lamppale moet die donker areas verlig, die donker verdryf.

10
Q

Ons lees van die voëls op die krom lamppale.

Watter ander funksies het die lamppaal hier as wat dit gewoonlik het?

A

Dit is ‘n sitplek vir die roofvoëls.

11
Q
Waarvan is die roofvoëls simbolies in die gedig?  
A van Sondagaande
B van woonsteldakke 
C van lamppale 
D van die taai donker
A

A Sondagaande (en negatiewe emosies)

12
Q

Gee telkens ‘n enkele woord uit die gedagte wat na die volgende beskrywings verwys:

Om baie goed en akkuraat te sien

A

“skerp”

13
Q

Gee telkens ‘n enkele woord uit die gedagte wat na die volgende beskrywings verwys:

Om lank en aanhoudend na iets te kyk

A

“Intuur”

14
Q

Watter intensiewe vorm dui aan dat die roofvoëls se prooi niks of niemand het om hulle te help nie?

Wat is die bekender intensiewe vorm van die woord?

A

Sielalleen

Stoksielalleen / manalleen

15
Q

Gee twee voorbeelde van alliterasie uit die gedig en dui die alliterasie duidelik aan.

A

stuur sy - s-alliterasie
maar mettertyd - m-alliterasie
sielalleen voor Sondagaande staan - s-alliterasie (ONTHOU om dit aan te dui)

16
Q

Watter enkele woord in die gedig dui aan

dat die spreker nie die enigste persoon is wat dopgehou word nie?

A

“Vensters”

17
Q

Watter enkele woord in die gedig dui aan

dat wat hier gebeur, nie net eenmalige plaasvind nie?

A

“Elke”