Klein Geloof Flashcards
- Watter twee dinge word in hierdie gedig gekontrasteer?
Fantasie en realiteit/werklikheid
- Die spreker sê: “die kabouter is uit my tuin gesteel”. Wat is die figuurlike betekenis van hierdie woorde?
Sy glo nie meer aan kabouters nie./Sy dink nie meer kabouters bestaan regtig nie.
- “en kersvader kom nooit meer op sy slee nie”. Beteken dit dus dat Kersvader wel vroeër op sy slee gekom het? Verduidelik kortliks.
Nee. Sy het as kind geglo dat hy op ’n slee kom, maar sy glo dit nie meer nie.
- Wat bring die tandemuis in ruil vir ‘n mens se tand, volgens wat klein kindertjies glo?
geld
- Wat moes die prinses in die feëverhaal doen om die padda in ‘n prins te laat verander?
Sy moes hom soen.
- Die spreker sê dat haar klein gelofies nou deur feite en bewyse vervang is. Kyk of jy die volgende feite ken:
- 1 Waarvoor het Neil Armstrong beroemd geword?
Hy was die eerste man wat op die maan geloop het.
- Die spreker sê dat haar klein gelofies nou deur feite en bewyse vervang is. Kyk of jy die volgende feite ken:
- 2 Watter beroemde woorde het hy gesê nadat hy dit gedoen het?
“One small step for man, one giant leap for mankind.”
- Die spreker sê dat haar klein gelofies nou deur feite en bewyse vervang is. Kyk of jy die volgende feite ken:
- 3 In watter ander gedig het jy ook van die man op die man gelees?
‘Sterrekyker’
- Die spreker sê: “ek het al my sprokies brand gesteek”.
7. 1 Wat, dink jy, bedoel sy met hierdie woorde?
Sy glo nie meer aan die dinge waaraan sy as kind geglo het nie.
- Die spreker sê: “ek het al my sprokies brand gesteek”.
7. 2 Waarmee het sy haar sprokies brand gesteek, volgens haar?
Met kennis/bewyse: realisme, feite en wetenskap.
- Die spreker sê: “ek het al my sprokies brand gesteek”.
7. 3 Skryf “ek het al my sprokies brand gesteek” in algemene Afrikaanse oor.
Ek het al my sprokies aan die brand gesteek/verbrand (dus: vernietig.
- Hoekom, dink jy, gebruik die spreker soveel hoofletters in strofe 3?
Sy is baie seker van die feit dat die dinge waaraan sy as kind geglo het, nie regtig bestaan nie. Sy beklemtoon hierdie feit deur die gebruik van hoofletters.
- Watter enkele woord lui ‘n wending in die gedig in?
“maar”
- Sê van die volgende stellings WAAR van ONWAAR is:
10. 1 Die spreker glo niks meer van die dinge waaraan sy so vriendelik geglo het nie. Gee ‘n rede hoekom jy so sê.
ONWAAR. Sy glo steeds aan monsters onder haar bed en aan die dinge wat haar godsdiens haar geleer het.
- Sê van die volgende stellings WAAR van ONWAAR is:
10. 2 Die spreker het opgehou bid toe sy grootgeword het. Haal paslike woorde aan om jou antwoord te staaf.
ONWAAR. “(en waarom) bid ek elke dag”