Touloper Flashcards

1
Q
  1. Sê in jou eie woorde wat ‘n touloper is.
A

Dit is ‘n persoon wat hom op ‘n tou balanseer terwyl hy tussen twee punte loop, gewoonlik hoog in die lug.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q
  1. Waarvan is die “tou” in hierdie gedig ‘n simbool?
A

Dit verwys na die lewe, die pad wat mense moet loop in hul lewens om vooruit te kom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q
  1. Wat is die “storms” in reël 1?
A

Die stormagtige verhouding tussen die spreker se ouers - hulle is gedurig besig om te baklei.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q
  1. Hoe weet ons dat die storms gereeld voorkom?
A

“weer”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q
  1. Gee ‘n sinoniem vir die woord “durf” in reël 2.
A

moed, dapperheid

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Hoekom moet die spreker “vol durf” wees wanneer hy op die tou klim?

A

Dit is moeilik om jouself op ‘n manier om te balanseer en terselfdertyd vorentoe te beweeg; jy kan maklik jou balans verloor, afval en seerkry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

“voetjie vir voetjie skuifel ek vorentoe”. Wat impliseer hierdie versreël van die manier waarop die spreker vorentoe beweeg?

A

Hy beweeg baie stadig en uiters versigtig.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Ons lees in reël 4 van die “verwyt-winde”. Verduidelik, met verwysing na reëls 5 tot 7, wat met hierdie “verwyt-winde” bedoel word.

A

Die ouers is gedurig in konfliksituasies en hulle blameer en verwyt mekaar gedurig oor verskillende dinge.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hoekom is reēls 5–7 in skuinsdruk geskryf?

A

Dis die direkte woorde van die twee mense wat stry (moontlik die spreker se ouers).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Sê kortliks wat elkeen van die volgende reëls moontlik impliseer: 5.3.1 “het jy al weer”

A

Die ouer het iets verkeerd gedoen wat hy / sy voorheen ook al gedoen het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Sê kortliks wat elkeen van die volgende reëls moontlik impliseer: “ek het mos gesê”

A

Die ouer het nie gedoen wat hy / sy aangesê is om te doen nie / Die persoon is al voorheen gewaarsku / gedreig om dit nie weer te doen nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Sê kortliks wat elkeen van die volgende reëls moontlik impliseer: “wat het jy gedoen”

A

Die ouer wat hier praat, is verbaas oor wat die ander een gedoen het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Dit wil voorkom asof die ouers bekommerd is oor die effek wat hul struwelings op die spreker mag hê. Watter twee opeenvolgende woorde impliseer dit?

A

“gekwelde oë”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Watter twee stelle opeenvolgende woorde impliseer egter dat hulle uit voeling met hul kind se emosies is en meer behep is met hul eie emosies?

A

“doer onder” en “ver verwyder”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Die spreker benodig sekere vaardighede om die woede storms om hom te drawer. Watter woord verwys na hierdie vaardighede?

A

“kollig-balanseertruuk”

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Hoekom kan ons beweer dat die soort graag raakgesien word, en nie geignoreer wil word nie?

A

Hy sê dat hy sy balanseertruuk in die “kollig” uitvoer. Hy wil dus wees waar sy ouers hom nie sal kan miskyk nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Die spreker span die tou van sy ontsnaproete tussen verskillende objekte / punte.

Hy sê dat sy tou “web”. Watter insek span gewoonlik ‘n web?

A

‘n spinnekop

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Die spreker span die tou van sy ontsnaproete tussen verskillende objekte / punte.

Is die soort in hierdie situasie die jagter van die prooi (slagoffer)? Verduidelik kortliks hoekom jy so dink.

A

Hy is die prooi. Hy probeer ontsnap uit ‘n web van ongelukkighede waarin hy vasgevang is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Gee twee moontlike redes hoekom die spreker hierdie beeld gebruik.

A

Om aan te dui hoe delikaat (soos ‘n spinnerak) die situasie is waarin hy hom bevind en om te dui op die gevaar (die spinnekop) waarin hy verkeer as hy hom nie beteken uit sy situasie kan bevry nie.

20
Q

Watter voorwerp wat genoem word, bevat waarskynlik ‘n bewys van gelukkiger tye in die spreker se gesin?

A

familiefoto’s

21
Q

Moderne tegnologie word op die spreker se ontsnaproete verbygesteek. Gee twee voorbeelde van sulke tegnologie uit die gedig.

A

Die televisiestel en internetkonneksies

22
Q

Hoe weet ons dat die TV-stel waarskynlik op hierdie stadion aangeskakel is?

A

Ons lees van “blitsende tv-beelde”.

23
Q

Op pad waarheen beweeg die spreker deur al die verskillende voorwerpe in die huis verby?

A

Op pad buitetoe / op pad na die tuinhek toe

24
Q

As die spreker uiteindelik buite kom, is hy “weg van alles behalwe die wind”.

Waarna het die wind vroeër in die gedig verwys?

A

Dit het verwys na die storm wat daar tussen die bakleiende ouers gewoed het.

25
Q

As die spreker uiteindelik buite kom, is hy “weg van alles behalwe die wind”.

Al is hy nou “weg van alles”, is sy lewe nie skielik kalm en rustig nie. Alhoewel die storm wat in die huis gewoed het, verby is, hou die wind steeds gevaar vir hom in. Verduidelik hierdie stelling.

A

Die spreker besef dat daar ook ander winde in die lewe waai; as hy van hierdie probleem ontvlug, beteken dit nie dat daar nie ander probleme sal wees nie

26
Q

Die spreker probeer doelbewus nie op toekomstige probleme fokus nie. Hoe doen hy dit?

A

Hy fokus al sy aandag op die balanseertoertjie wat hy uitvoer.

27
Q

Die spreker praat in reël 9 van sy “balanseertruuk”, en in reël 19 sê hy: “ek balanseer my lewe”.

Hoe beskou die spreker die lewe dus, volgens die gedig?

A

Die lewe is ‘n moeisame pad waartydens ‘n mens gedurig balans moet probeer vind.

28
Q

Die spreker praat in reël 9 van sy “balanseertruuk”, en in reël 19 sê hy: “ek balanseer my lewe”.

Dink jy die spreker het ‘n realistiese of onrealistiese lewensuitkyk?

A

Hy het ‘n realistiese siening van die lewe. Hy besef dat daar altyd probleemsituasies sal wees wat ‘n mens moet probeer oorkom.

29
Q

Waarop dui die verskil tussen “voetjie vir voetjie skuifel” (reël 3) en “voet vir voet skuif” (reël 20)?

A

Dis nie net as kind wat ‘n mens die lewe as moeilik ervaar nie, maar ook later as volwassene / Dit dui aan dat daar tyd verloop het en dat probleme en gevare altyd deel van die lewe is.

30
Q

Die laaste reël dui daarop dat daar moontlik weer intensivering van gebeure (‘n moontlike terugslag) plaasgevind het sedert reël 16. Verduidelik hierdie stelling.

A

Volgens reëI 16 is daar nou net die wind oor, v maar in die laaste reël woed daar weer ‘n storm.

31
Q

Watter objek in die gedig

17.1 dui gevangenskap aan?

A

die web

32
Q

Watter objek in die gedig

17.2 dui vryheid aan?

A

die tuinhek

33
Q
  1. Ons kry hier ‘n metaforiese gedig wat oor meer as ‘n persoon op ‘n tou handel.
  2. 1 Verduidelik hierdie stelling kortliks.
A

Die touloper simboliseer die mens in sy poging om die storms van die lewe te draf en om in hierdie moeilike omstandighede balans te vind.

34
Q

Waarvan is dit die tou ‘n simbool in hierdie gedig?

A

Die tou is ‘n simbool van die lewe en hoe moeilik dit is om jou balans te behou terwyl jy die lewenspad loop.

35
Q

Waarvan is die storm en die wind ‘n simbool?

A

Dit is ‘n simbool van swak menseverhoudings (in hierdie gedig tussen die spreker en ouers) en die storms van die lewe wat ‘n mens moet trotseer.

36
Q

Waarvan is die web ‘n simbool?

A

Dit dui op die verwikkeldheid van die lewe en hoe maklik ‘n mens daarin vasgevang kan word as jy jou fokus verloor.

37
Q

Waarvan is die familiefoto’s ‘n simbool?

A

Van gelukkiger / beter tye

38
Q

Waarvan is die tuinhek ‘n simbool?

A

Dit is ‘n simbool van vryheid

39
Q

Gee twee goeie voorbeelde van alliterasie uit die gedig.

A

“voetjie vir voetjie skuifel ek vorentoe” “ver verwyder van …”

40
Q

Ons kry hier ‘n aaneenlopende gedig sonder strofeverdeling. Hoekom, dink jy, bestaan ​​die gedig slegs uit ‘n lang strofe? (Dink hier aan hoe ‘n tou lyk en wat dit in hierdie gedig simboliseer.)

A

Die tou waarop geloop word, is in ‘n stuk, net soos die lewe wat nie uit verskillende fragmente bestaan ​​nie, maar ‘n aaneenlopende proses is.

41
Q

Hoekom, dink jy, bestaan ​​die gedig spesifiek uit 21 reëls? Sê kortliks.

A

Een en twintig is die amptelike ouderdom waarop ‘n mens ‘n volwasse beskou word en nie meer langer as ‘n soort nie. Hierdie gedig handel oor ‘n ongelukkige soort se moeisame tog om sy kinderjare agter te laat op pad na volwassenheid.

42
Q

Die gedig se titel is “Touloper” en die oorkoepelende titel van die bundel is “Toulopers” . Kyk vlugtig na die ander gedigte wat vir jou voorgeskryf is en sê kortliks hoekom die titel “Toulopers” ‘n paslike titel vir hierdie bundel gedigte is.

A

Verskeie van die voorgeskrewe gedigte handel oor hoe gekompliseer die lewe van tieners kan wees in hul soeke na hulself en na ‘n plek in die samelewing.

43
Q

Watter twee opeenvolgende woorde aan die begin van die gedigte dui aan dat die spreker baie selfvertroue het?

A

“vol durf”

44
Q
Ons tref simboliek in hierdie gedig aan.  Waarvan is die balanseertou 'n simbool?  Kies jou antwoord uit die volgende moontlikhede: 
A van mense wat stry 
B van die spreker se lewe 
C van die storms wat woed 
D van die herinneringe aan sy kinderjare
A

?

45
Q
In reëls 3 en 4 kry ons 'n goeie voorbeeld van ... 
A personifikasie 
B inversie 
C alliterasie 
D onomatopee
A

?

46
Q
In reëls 5-7 vind ons drie onvoltooide sinne.  Wat sou hier gebruik gewees het as die gedig leestekens bevat het? 
A 'n ellips
B 'n aandagstreep 
C 'n vraagteken 
D hakies
A

?

47
Q
Die woord "internetkonneksies" is 'n voorbeeld van 'n …...
A argaïsme
B pleonasme 
C akroniem 
D neologisme
A

?