WOORDSOORTE Flashcards
(44 cards)
Daar is 10 woordsoorte. Kan jy hulle noem?
- Selfstandige Naamwoorde - s.nw.
- Voornaamwoorde - v.nw.
- Byvoeglike Naamwoorde - b.nw.
- Lidwoorde
- Telwoorde
- Werkwoorde - ww.
- Bywoorde
- Voorsetsels
- Voegwoorde
- Tussenwerpsels
ONTHOU! Wanneer ons met woordleer (die 10 woordsoorte) te doen het, moet ons altyd in gedagte hou dat die woorde slegs aan hulle onderskeie funksies in ‘n sin herken kan word. Dit is so omdat dieselfde woord tot meer as een woordsoort kan behoort, byvoorbeeld …
Laat hom nou met rus - werkwoord
Jy is alweer laat. - byvoeglike naamwoord.
Wat is die 6 kenmerke van selfstandige naamwoorde?
- Het gewoonlik meervoud bv. motor-motors
- Het gewoonlik verkleining bv. motor - motortjie
- Soms geslag bv. bul - koei
- Word baie algemeen saam met die “die” en “‘n” gebruik bv. die bank, ‘n man
- Kan gewoonlik met jou sintuie waarneem
- Woorde wat met - isme, -heid, -skap, -ing, eindig is ook selfstandige naamwoorde bv. kapitalisme, eensaamheid, sportmanskap, eersteling.
Wat is die 6 soorte selfstandige naamwoorde?
**1. Soortname: bank, radio, straat, olifant ens
2. Eiename: Afrika, Louis, Laeveld, Polokwane ens
3. Abstrakte: haat, liefde, jaloesie ens
4. Versamelname: orkes, swerm, trop, skool ens
5. Massaname: vleis, wol, sand, melk, goud ens (kan nie getel word nie)
6. Maatname: skottel vleis, sak koring, **emmer **water ens
Wat is die 9 voornaamwoorde in Afrikaans?
- Persoonlike voornaamwoord
- Besitlike voornaamwoord
- Betreklike voornaamwoord
- Vraende voornaamwoord
- Onpersoonlike voornaamwoord
- Onbepaalde voornaamwoord
- Wederkerende voornaamwoord
- Wederkerige voornaamwoord
- Aanwysende voornaamwoord
Wat is ‘n persoonlike voornaamwoord?
Kan vir mense, diere en dinge (sake) gebruik word.
Mense: ek, jy, sy, ons, julle, hulle, u
Diere: My hond was bly toe hy (sy) my sien.
Dinge: Daar lê die potlood. Bring hom (dit) hier.
Hier is die pen. Jy mag daarmee skryf.
Wat is ‘n besitlike voornaamwoord?
Hulle dui die besitter aan.
Dis my, sy, jou, julle, haar, ons boek
Die boek is myne, syne, hare, joune, julle s’n, ons s’n
Wat is ‘n betreklike voornaamwoord?
Het betrekking op selfstandige naamwoorde.
Die man wat hier woon, is ryk.
Die boek wat hier lê, is myne.
Die persoon aan wie ek skryf, is my suster.
Die fiets waarvan die saal stukkend is, is myne.
Die tak waaraan ek hang, is sterk.
Die seun wie se boek ek geleen het, is my nefie.
Wat is ‘n vraende voornaamwoord?
Hulle staan aan die begin van vraagsinne.
Wie, wat, watter, waarin, waarop, by wie?
Wat is ‘n onpersoonlike voornaamwoord?
Word gewoonlik by natuurverskynsels gebruik.
Dit reën.
Daar word voorspel dat dit gedurende 2009 baie gaan reën.
Wat is ‘n onbepaalde voornaamwoord?
Hulle sê nie presies wie of wat nie, en verwys dus na enigeen en/of enigiets.
Niemand weet wat gebeur het nie.
Almal het die vergadering bygewoon.
Ek wil nog vir jou iets vertel.
Hy wou niks sê nie.
Wat is ‘n wederkerende voornaamwoord?
Hulle kom voor in sinne wanneer die voorwerp en onderwerp dieselfde persoon is.
Jy moet jou beursie onthou.
Ek het my vererg vir die man.
Johan het hom lelik misgis.
Hulle behoort hulle nie daaraan te steur nie.
Wat is ‘n wederkerige voornaamwoord?
“Gee mekaar die regterhand,” sê die dominee vroom.
Wat is ‘n aanwysende voornaamwoord?
Gee my liewer hierdie een.
Dit is die seun van wie ek jou vertel het.
Daardie fiets is Norman s’n.
Dié man weet waarvan hy praat.
Noem die 3 kenmerke van byvoeglike naamwoorde.
- Beskryf die selfstandige naamwoord.
- Trappe van vergelyking bv. skoon -skoner -skoonste (stellend, vergrotend, oortreffend)
- Intensiewe vorme bv. baie blou = potblou
Intensiewe vorme is altyd een woord BEHALWE …
Wawyd wakker
wawyd oop
bitter min
helder wakker
Byvoeglike naamwoorde kan attributief en predikatief gebruik word. Wat is attributief en predikatief?
Attributief - die b.nw staan VOOR die s.nw.
Die digte bosse.
Predikatief - die b.nw staan NA die s.nw.
Die bosse is dig.
Byvoeglike naamwoorde kan verbuig word om letterlike of figuurlike betekenisse te hê. Kyk na die volgende voorbeelde:
Letterlik: bitter koffie
Figuurlik: bittere lyding
Letterlik: duur meubels
Figuurlik: dure les
Letterlik: ‘n flou lig
Figuurlik: ‘n floue grap
Letterlik: nou tonnel
Figuurlik: noue ontkoming
Wat is die 2 tipes lidwoorde in Afrikaans?
- Bepaalde lidwoord
- Onbepaalde lidwoord
Verduidelik wat ‘n bepaalde lidwoord is?
Bepaalde lidwoord (die) dui iets spesifiek aan.
Ek sal more die skoene aantrek.
die skole, die bome, die huise ens
Jy moet my asseblief op die hoogte hou.
Verduidelik wat ‘n onbepaalde lidwoord is?
Onbepaalde lidwoord** (‘n) is ‘n veralgemening.**
Ek sal more ‘n paar skoene aantrek.
‘n skool, ‘n boom, ‘n huis, ‘n radio
Die verouderde vorm van die lidwoord is de.
Wat de drommel gaan hier aan?
Ek is** de** bliksem in.
des doods.
Getalle word met telwoorde aangedui. Ons kry 2 soorte telwoorde. Wat is dit?
- Hooftelwoorde
- Rangtelwoorde
Verduidelik wat ‘n hooftelwoord is.
Bepaalde hooftelwoorde wat ‘n bepaalde getal aandui bv. **drie **kilogram, sewentig koeie ens.
Onbepaalde hooftelwoorde, as jy nie die presiese getal weet of aandui nie bv. baie mense, weinig belangstelling, min geld, verskeie mense, sommige mense, etlike huise, ens.
Verduidelik wat ‘n rangtelwoord is.
Bepaalde rangtelwoorde, wat die presiese volgorde aandui bv. sestigste, tweede ens.
Onbepaalde rangtelwoorde wat die volgorde aandui, maar nie presies nie bv. hoeveelste, soveelste, laaste, middelste ens.