Buitelandse Valuta Flashcards

(17 cards)

1
Q

Buitelandse Valuta.

A

Buitelandse valuta is die ruil van een land se geldeenheid vir ’n ander s’n. Die wisselkoers is die waarde waarteen dié geldeenhede uitgeruil word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Bruto binnelandse produk (BBP) en die voordele daarvan vir die ekonomie.

A

Die BBP meet ’n land se ekonomiese prestasie deur die waarde van alle goedere en dienste wat in ’n jaar gelewer word.
Dit sluit besteding, beleggings, uitvoere, invoere en staatsbesteding in.
Suid-Afrika het die grootste ekonomie in Afrika en dra 24% tot die vasteland se BBP by.

Ons ekonomie word gediversifiseer deur belangrike ekonomiese sektore wat tot die BBP bydra, insluitend:
1. mynbou
2. energie
3. toerisme
4. vervoer
5. landbou en vissery

Die BBP meet die waarde van alle goedere en dienste wat in Suid-Afrika gelewer word. ’n Toename in BBP dui op ekonomiese groei, meer werkgeleenthede en hoër lewenstandaarde. Dit help om die ekonomie met ander lande te vergelyk en lok buitelandse beleggings. ’n Groeiende BBP verbeter voorspoed, opvoeding, gesondheid en sosiale programme.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Die vermenigvuldigingseffek en skakel met die BBP.

A

Die vermenigvuldigingseffek is wanneer ’n toename in ekonomiese aktiwiteit ’n kettingreaksie skep wat tot selfs groter ekonomiese groei lei.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

2.1 Die toerisme-vermenigvuldigingseffek.

A

Die toerisme-vermenigvuldigingseffek beskryf hoe geld wat toeriste bestee, deur verskeie sektore van die ekonomie vloei en verdere groei stimuleer. Hierdie proses hou aan totdat die geld die land verlaat deur invoere.

Geld wat toeriste bestee, soos by ’n hotel, skep direkte en indirekte werk. Dit bevoordeel ook ander sektore soos plaasboere en plaaslike handelaars, wat verdere ekonomiese groei en werksgeleenthede bevorder.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

2.2 Die vermenigvuldigingseffek en die BBP.

A

Die vermenigvuldigingseffek beteken dat ’n toename in besteding groter ekonomiese groei en inkomste veroorsaak as die oorspronklike bedrag. Dit skep direkte en indirekte werksgeleenthede, verhoog inkomste en stimuleer herhaalde besteding in die ekonomie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Die begrip ‘sterk’ rand.

A

’n Sterk geldeenheid, soos ’n sterk rand, beteken dit is meer werd teenoor ander geldeenhede. Dit maak invoere en oorsee-reise goedkoper, maar uitvoere duurder vir buitelanders.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Die begrip ‘swak’ rand.

A

’n Swak geldeenheid, soos ’n swak rand, het minder waarde teenoor ander geldeenhede en wissel dikwels. Dit maak uitvoere goedkoper en aantrekliker vir ander lande, maar verhoog die koste van oorsee-reise en invoere vir Suid-Afrikaners.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Die relatiewe sterkte en swakheid van ‘n geldeenheid op spesifieke tye.

A

Gevolge van ’n swak geldeenheid:
– Voordelig vir uitvoere: uitvoere raak goedkoper en stimuleer vervaardiging en werkskepping.
– Goed vir toerisme: meer buitelandse toeriste besoek die land.
– Nadelig vir invoere: invoere raak duurder, lewenskoste styg en koopkrag daal.
– Internasionale reis word duurder vir plaaslike inwoners.

Faktore wat tot ’n swak geldeenheid bydra:
– Lae rentekoerse
– Hoë inflasie
– Handelstekorte
– Politieke onstabiliteit
– Swak ekonomie en finansiële markte
– Onstabiele monetêre beleid
– Lae beleggersvertroue

Gevolge van ’n sterk geldeenheid:
– Invoere raak goedkoper, wat lewenskoste verlaag.
– Koopkrag neem toe vir plaaslike verbruikers.
– Uitvoere raak duurder en vraag daal, wat plaaslike vervaardiging kan benadeel.
– Minder buitelandse toeriste besoek die land.
– Internasionale reis raak goedkoper vir plaaslike inwoners.

Faktore wat tot ’n sterk geldeenheid bydra:
– Hoë rentekoerse
– Lae inflasie
– Handelsurplus
– Politieke en ekonomiese stabiliteit
– Sterk finansiële mark en ekonomie
– Betroubare monetêre beleid

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hoe om ‘n wisselkoersstaat te interpreteer.

A

Wisselkoers (valutakoers):
Dit wys hoeveel van een geldeenheid jy nodig het om ’n eenheid van ’n ander te koop.
Wisselkoerse kan as plaaslike per buitelandse geldeenheid of omgekeerd uitgedruk word.

Stappe om ’n wisselkoers te bereken:

Vind die ISO-kodes van die betrokke geldeenhede (bv. ZAR vir rand, USD vir dollar).
Soek die huidige wisselkoers tussen die twee geldeenhede.
Gebruik die geldeenheidpaar: die eerste is die basisgeldeenheid (wat jy wil hê), die tweede is die betalingsgeldeenheid (wat jy gebruik om te betaal).

(leer metode 1 en 2)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Omskakeling van belangrike geldeenhede om die koopkrag van verskillende geldeenhede te verstaan.

A

Geldeenheidomskakeling:
Geldeenhede word omgeskakel deur te deel of te vermenigvuldig, afhangend van die gegewe wisselkoers. Dit is belangrik wanneer jy reis, internasionaal koop of geld oorsee stuur.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Omskakeling van belangrike geldeenhede in Suid-Afrikaanse rand.

A

Wanneer ons ‘n buitelandse geldeenheid omskakel in Suid-Afrikaanse rand, vermenigvuldig ons en gebruik die wisselkoers soos in metode 1 op bladsy 162 getoon word.

(leer voorbeeld 1)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Omskakeling van Suid-Afrikaanse rand in geselekteerde geldeenhede.

A

Wanneer ons van Suid-Afrikaanse rand in ‘n buitelandse geldeenheid omskakel, deel ons en gebruik die wisselkoers soos in metode 2 op hierdie bladsy is getoon word.

(leer voorbeeld 2)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Die verskil tussen bankverkoopkoers en bankkoopkoers.

A

Banke gebruik verskillende aankoop- en verkoopkoerse om wins te maak uit wisselkoersverskille. Hierdie koerse sluit ’n winsmarge of kommissie in en word deur die valutamark bepaal, nie deur individue nie. Banke verdien geld deur goedkoper te koop en duurder te verkoop, of deur geldeenhede teen verskillende pryse oor tyd te verhandel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Die bankkoopkoers (BKK).

A

Die bankkoopkoers is die koers waarteen ‘n bank buitelande geldeenhede koop in ruil vir plaaslike geldeenhede. Die bank koop die buitelandse geldeenheid van die toeris en betaal in plaaslike geldeenheid.

(leer voorbeeld 1)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Die bankverkoopkoers (BVK).

A

Die bankverkoopkoers is die koers waarteen die bank die buitelandse geldeenhede aan toeriste verkoop. Die bank verkoop die buitelandse geldeenheid en die toeris betaal met plaaslike geldeenheid.

Slegs toeriste met ‘n geldige kaartjie word toegelaat om buitelandse valuta in Suid-Afrika te koop. Jy moet jou kaartjie en jou paspoort by die bank toon.
Toeriste kan slegs 6o dae voor hul vlug geldeenhede koop en nie gouer nie.

(leer voorbeeld 2)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Die uitwerking van wisselkoerse op internasionale toerisme en die invloed daarvan op reispatrone in Suid-Afrika.

A

Wisselkoerse beïnvloed toerisme direk. ’n Swak rand maak internasionale reise duurder vir Suid-Afrikaners, maar lok meer buitelandse toeriste omdat hulle meer koopkrag in SA het. ’n Sterk rand maak buitelandse reise goedkoper vir Suid-Afrikaners, maar ontmoedig internasionale toeriste om SA te besoek. Koopkrag en reispatrone hang dus af van die wisselkoers en die ekonomiese toestand van die bestemmingsland.

17
Q

Skommelings in wisselkoerse.

A

Die valutamark (“forex”) is waar geldeenhede wêreldwyd verhandel word. Wisselkoerse verander daagliks en word beïnvloed deur faktore soos:

Inflasie: Lae inflasie verhoog ’n geldeenheid se waarde.
Rentekoerse: Hoër rentekoerse lok beleggers en versterk die geldeenheid.
Handelsbalans: ’n Handels tekort verlaag die wisselkoers.
Ruilvoet: ’n Hoë vraag na uitvoere versterk die geldeenheid.
Staatskuld: Hoë skuld ontmoedig buitelandse belegging.
Politieke/economiese stabiliteit: Onsekerheid verlaag vertroue en die waarde van ’n geldeenheid.
Werkloosheid: Hoë werkloosheid dui op ’n swak ekonomie en verlaag die geldeenheid se waarde.