Bl. 4 - 6 Flashcards
(4 cards)
Wat het jy nodig om te voorkom dat jy die verkeerde besluitnemingsvaardighede gebruik?
Feite: duidelike betroubare en opgewerkte inligting (As jy ‘n loopbaan in ingenieurswese wil hê, vind jy betroubare inligting oor die vereistes en werkgeleenthede in daardie veld om ‘n ingeligte besluit te neem)
Tyd: begin vroeg en maak seker dat jy genoeg tyd het vir navorsing en vir die verwerking van die inligting oor verskillende loopbane, selfs al verander jy jou besluit ‘n aantal kere (Begin vroeg met jou loopbaannavorsing om tyd te hê om verskillende opsies te verken en van plan te verander indien nodig.)
Ondersteuning: jou skool, jou huis en jou vriende se ondersteuning is baie belangrik, maar moenie toelaat dat ander besluite vir jou neem nie - dink vir jouself. (Praat met jou ouers en onderwysers oor jou loopbaansbelange, maar maak seker dat jy die finale besluit self neem.)
Noem en bespreek die stappe in die keuse van ‘n loopbaankategorie:
1. Ken jouself
Jou sterkpunte, vermoëns, belangstellings en passie. (Maak ‘n lys van jou belangstellings en sterkpunte soos kreatiwiteit en probleemoplossing)
2. Identifiseer opsies
Maak ‘n lys van die verskillende keuses tot dusver. (Ondersoek verskeie loopbane soos argitektuur en grafiese ontwerp as jy kreatief is)
3. Versamel inligting
Doen dit vir elke opsie (Vind uit wat elke opsie behels, soos die kwalifikasies en werksvooruitsigte)
4. Evalueer die opsies
Voordele nadele en risiko’s van elke opsie (Weeg die voordele en nadele van elke loopbaan af, soos die salaris en werksure)
5. Kies die beste opsie
Dit kan nodig wees om terug te gaan en meer inligting te versamel. (Kies die loopbaan wat die beste by jou pas, al moet jy meer inligting inwin)
6. Ontwikkel ‘n aksieplan
Implementeer dit! (Begin om jou vakke en kursusse te beplan volgens jou gekose loopbaan.)
Wat is die hoofdoel van omgewingsgesondheid?
Om siektes te voorkom en gesonde omgewings te skep.
Noem en bespreek ‘n paar omgewingskwesies:
1. Geskikte en veilige behuising:
- Verhuising van mense vanaf landelike na stedelike gebiede = tekort aan behuising
- Nie elektrisiteit nie/ “loadshedding” = paraffienlampe= gesinne verloor hulle huise/ geliefdes en besittings (In’n gebied sonder elektrisiteit gebruik mense paraffienlampe en kerse, wat brandgevaar veroorsaak, soos ‘n gesin wat alles verloor het in ‘n huisbrand a.g.v ‘n omgevalde kers)
2. Watergehalte
- Dienslewering in baie gebiede is baie stadig of swak.
- Nie voldoende toegang tot water nie.
- Klimaatsverandering kan gesondheid nadelig beïnvloed want dit raak watergehalte en toegang tot water.
Oorstromings = verdrinking, beskadig infrastruktuur, cholera, waterbesoedeling.
Droogtes = vergroot veldbrand risiko. (As ‘n dorp waterbesoedeling ervaar weens swak infrastruktuur, lei dit tot siekte-uitbrake soos cholera, veral tydens oorstromings.)
3. Voedselbeheer:
- Voedselproduksie neem af a.g.v. minder geskikte grond.
- Gesondheidsregulasies by hotelle, restaurante en smouse langs die pad. (In ‘n platelandse gebied het mense toegang tot goedkoop straatkos wat soms ongesond is en lei tot voedselvergiftiging of ander gesondheidsprobleme.)
4.Afvalbestuur
- Stortingterreine raak vol en hou gesondheidsgevare in.
- Veroorsaak metaangas = kweekhuiseffek. (In ‘n stad met oorvol stortingsterreine styg die metaanvlakke, wat brandgevaar en gesondheidsgevare veroorsaak en ook bydra tot lugbesoedeling.)
5. Beheer van oordraagbare siektes
- Verspreiding van siektes
- Nuwe siektes
- Inentingsprojekte
- Alle kinders het nie toegang tot inente nie.
Masels, Duitse masels, polio en kinkhoes. (In ‘n gemeenskap sonder genoeg inentings/ waar mense nie inentings kan bekostig nie, ontwikkel kinders maklik siektes soos masels wat vinnig versprei en lewens in gevaar stel.)
6. Omgewingsbesoedelingbeheer
- Rommel
- Chemiese afval in riviere (In ‘n rivier naby ‘n fabriek word chemiese afval vrygestel, wat visse doodmaak en die gemeenskap sonder ‘n skoon waterbron laat)
7. Wegdoening met dooie liggame
- Tekort aan grond om mense te begrawe. (In ‘n gebied met beperkte “begraafgrond” moet mense alternatiewe oorweeg, soos verassing, om openbare gesondheid te beskerm)
8. Malaria beheer
- Malaria word deur ‘n sekere muskiet oorgedra.
- Regering spandeer baie geld aan navorsing oor die beheer van malaria.
- Regering beheer siektes deur insekte en diere oorgedra. (In ‘n malaria-gevoelinge gebied word muskiet nette uitgedeel en muskietbeheersproei gespuit, wat die risiko van malaria oordragverminder, veral tydens die reën seisoen.)
9. Beheer oor gevaarlike middels
- Insekdoders (‘n Plaas boer moet organies wees en minder insekdoders gebruik, wat die omgewing en die gesondheid van plaaswerkers bevoordeel)
- Paraffien (In ‘n woonbuurt waar mense paraffien vir kook en hitte gebruik, kan ‘n gemeenskapsprojek begin word om elektrisiteitsvoorsiening te verbeter om paraffiengebruik en die risiko’s daarvan te verminder.)
10. Luggehaltebestuur
- Koolstofvoetspoor moet verminder = stap eerder as ry.
- elektroniese karre/ fietse (‘n Maatskappy kan kies om elektrisiteit in plaas van fossielbrandstowwe te gebruik om hul koolstofvoetspoor te verminder, wat ‘n positiewe uitwerking op luggehalte het.)
11. Motorongelukke
- Dronkbestuur (streng wetstoepassing, soos gereelde padblokkades, kan help om dronkbestuurders van die pad te verwyder en ongelukke te verminder)
- Beskadigde heinings langs hoofpaaie (Gereelde onderhoud en herstelwerk aan heinings langs besige paaie voorkom dat voertuie van die pad af gaan en ongelukke veroorsaak.)