Bl. 86 - 95 Grondwetlike waardes Flashcards
(60 cards)
Hoe moet ons die Grondwet se waardes toepas?
Leef en werk op ’n manier wat vir almal voordelig is
Wat is die eindwaarde van die Grondwet?
Demokrasie is die eindwaarde
Hoe kan rolmodelle mense beïnvloed?
Rolmodelle kan mense ten goede of ten kwade beïnvloed. Mense kies dikwels rolmodelle op grond van materiële dinge soos luukse huise, geld en duur motors, maar dit is nie belangrik nie.
Op watter manier is sie Grondwet ‘n rolmodel?
Die Grondwet is ’n rolmodel om die regering en bevolking te help leef en werk op ’n manier wat vir almal voordelig is.
Watter waardes vorm die basis van die Suid-Afrikaanse Grondwet?
Die Suid-Afrikaanse Grondwet is gegrond op ’n stel waardes: menswaardigheid, gelykheid, bevordering van menseregte en vryheid. Dit is ook gegrond op nie-rassigheid en nie-seksisme, en dui op die oppergesag van die Grondwet en die regering. Demokrasie is die eindwaarde.
Kan ’n rolmodel volmaak wees?
Nee, alle mense het foute; die sleutel is om te kies vir diegene wat ’n positiewe invloed op jou het.
Hoe kies jy ’n goeie rolmodel?
Identifiseer mense wat grondwetlike waardes ondersteun en jou help om ’n beter toekoms te bou
Waarom is dit gevaarlik om ’n negatiewe rolmodel te volg?
Negatiewe rolmodelle kan jou in die moeilikheid laat beland of teleurstel, en hulle ondersteun nie grondwetlike waardes nie
Watter vooroordele het ’n negatiewe rolmodel?
Is rassisties, seksisties, en het vooroordele teen sekere groepe
Hoe dra ’n positiewe rolmodel by tot die gemeenskap?
Hulle versterk die gemeenskap en help ander met hulle probleme.
Noem 11 eienskappe van ’n negatiewe rolmodel.
- Handel sonder oorweging van die nagevolge
- Verwyt ander vir foute
- Kies persoonlike gewin bo die gemeenskap
- Is rassisties of seksisties en het vooroordele teenoor sekere groepe mense.
- Hê meer waarde aan geld as aan mense
- Is ydel
- Ignoreer ander se probleme
- Is lui
- Lieg en probeer ander mislei om na sy of haar pype te dans.
- Kies persoonlike gewin bo behoeftes van die gemeenskap.
- Kkm nie beloftes na nie.
Noem 11 eienskappe van ’n positiewe rolmodel soos in die tabel genoem.
- Is eerlik en opreg
- Help ander met hulle probleme
- Versterk die gemeenskap
- Behandel mense gelyk
- Kan hulle beloftes nakom
- Is nederig
- Dink voordat hy besluite neem.
- Erken foute
- Werk hard.
- Probeer om die goeie in ander mense raak te sien.
- Het waardering vir ‘n mens se karakter.
Watter verantwoordelikheid het rolmodelle teenoor die Grondwet?
Hulle moet ‘n goeie voorbeeld stel om te toon hoe om op ‘n manier te leef wat die grondwetlike waardes van die land nakom
Hoekom is blote woorde nie genoeg nie?
Dit is nie genoeg om mens maar net te vertel wat reg en verkeerd is nie… Dit wat mens doen, is belangriker as wat hulle sê.
Hoe beïnvloed rolmodelle jongmense se waardes?
Ons kan opsien na ons leiers in die gemeenskap om te wil wees soos hulle is… Hulle moet op so ‘n manier leef dat dit die grondwetlike waardes van die land nakom.
Wat moet rolmodelle doen om grondwetlike waardes oor te dra?
Rolmodelle moet self ‘n goeie lewe lei wat vir ons wys wat kosbaar is in die lewe. Dit wat mens doen, is belangriker as wat hulle sê
Waarom is ouers en gemeenskapsleiers belangrike rolmodelle?
Wanneer ons jonk is, sien ons dikwels op na ons ouers of voogde vir leiding oor hoe om op te tree en wat om in die lewe te koester… Ouers en gemeenskapsleiers is dikwels rolmodelle en daarom is dit belangrik dat hulle ‘n goeie voorbeeld moet stel
Noem ‘n paar vb’e van die verantwoordelikhede van ouers en gemeenskapsleiers wat as rolmodelle dien.
● Hulle moet verantwoordelik wees in hul besluitneming, wat hul sê en wat hul doen
● Hulle moet hulle bes doen om hulle woord gestand te doen nie mense teleur te stel wat na hulle opkyk nie.
● Hulle moet belangstel in mense rondom hulle en deur optrede meewerk tot die verandering van mense wat onbetaamlik optree
● Hulle moet goed kommunikeer met hulle gesinne en mense wat na hulle opkyk.
● Hulle moet mrnse om hulle aanmoedig. (Slaan ag op fie sterk en goeie eienskappe van mense en moedig daardie hoedanighede aan. Dit help om ander se selfbeeld op te bou.)
● Wanneer hulle ‘n fout maak moet hulle verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Hulle moet dit nie probeer ignoreer nie, maar moet bereid wees om dit reg te stel en nie dieselfde foute in die toekoms te maak nie.
Hoe kan jy die waarde van menswaardigheod in jou lewe toepas? (7)
-
Respek vir verskille:
“Probeer ander verstaan en respekteer, selfs wanneer hulle anders is as jy.” -
Empatie:
“Dink na oor hoe jou optrede ander se gevoelens raak.” -
Verdraagsaamheid:
“Moenie ander vinnig veroordeel vir foute nie; wees geduldig sodat hulle dit kan regstel.” -
Erkenning:
“Bedank mense wat goeie dade vir die gemeenskap doen.” -
Bemoediging:
“Sien die goeie in ander raak en help hulle om selfvertroue te bou.” -
Meningsvryheid:
“Respekteer ander se keuses, solank dit nie ander se waardigheid skend nie.”
Insluitendheid:
“Mense met gestremdhede het dieselfde reg op respek en waardige behandeling.”
Wat beteken menswaardigheid, en hoe kan jy dit prakties toepas volgens die teks?
Menswaardigheid gaan oor respek vir die waarde en waardigheid van elke mens. Dit word geskend wanneer mense ander onbeskof of kwetsend behandel, of hulle as minderwaardig beskou
Hoe kan jy gelykheid in jou daaglikse lewe toepas?
- Moenie mense vooroordeel op grond van uiterlike of agtergrond nie
- Wees bewus van jou eie vooroordele
- Staan op teen onregverdige behandeling van ander
- Vier verskeidenheid en verskille
Wat beteken “gelyke geleenthede” in die praktyk?
Dit beteken alle mense moet toegang hê tot onderwys, werk en dienste sonder diskriminasie, ongeag hulle agtergrond.
Waarom is stereotipes gevaarlik vir gelykheid?
Stereotipes lei tot vooroordele en onregverdige behandeling van mense op grond van faktore soos ras, geslag of geloof, wat gelykheid ondermyn.”
Wat behels vryheid van uitdrukking?
Dit is die reg om jou mening te uitsonder sonder vrees vir straf, solank dit nie ander se regte skend nie