Ekostelsels Flashcards
(22 cards)
Wat is ‘n ekostelsel?
‘n Habitat en sy gemeenskap van plante diere
Bevat lewende en nie-lewende dinge wat afhanklik is van mekaar
Noem voorbeelde van lewende dinge in ‘n ekostelsel:
Plante
Diere
Mikro-organismes
Wat is ‘n mikro-organisme?
‘n Lewende organisme wat te klein is om te sien sonder ‘n mikroskoop soos ‘n fungi
Noem voorbeelde van mikro-organismes:
Fungi
Skimmel
Bakterië
Skimmel is ‘n voorbeeld van watse lewende organisme?
Mikro-organisme
Noem voorbeelde van nie-lewende dinge wat jy in ‘n ekostelsel kan vind:
Lug
Water
Sonlig
Lug, water en sonlig is voorbeelde van wat in ‘n ekostelsel?
Nie-lewende dinge
‘n Habitat en sy gemeenskap van lewende en nie-lewende dinge wat afhanklik is van mekaar, word wat genoem?
Eksostelsel
Noem verskillende tipes ekostelsels:
Rotsagtige kuslyne
Woestyne
Berge
Grasvelde
Woude
Riviere
Vleilande
See
Beskryf ‘n rotsagtige kuslyn ekostelsel:
Groot natuurlewe
Tuiste van visse, krappe, seeluise, see-anemone ens
Met hoogwater is rotse bedek met water
Met laagwater is rotse blootgestel aan die sonlig
Noem ‘n voorbeeld van lewende en nie-lewende organismes wat oorleef in ‘n rotsagtige kuslyn
Mossels: hoogwater word hulle bedek met water, hulle verlaat skulpe en kry kos (seewier)
met laagwater is hulle in die son, hulle klem hulle skulpe toe om hulself te beskerm
Seemeeue vang mossels en kraak hulle skulpe oop en eet hulle
Waar lewe mossels?
Rotsagtige kuslyn
Beskryf ‘n woestyn eksostelsel:
Warm en droog
Tsamma spanspakke groei wat help om ander diere aan die lewe te hou
Hoekom is die Tsamma spanspek belangrik vir die woestyn ekostelsel?
Lyk soos ‘n waatlemoen maar is bitter. Bron van water - stoor water na reen. Ander diere eet dit.
Gemsbokke eet wortels vir water
Knaagdiere eet die sade
Hiënas eet die knaagdiere en versprei sade in hulle mis
Nuwe Tsamma spanspekke groei
Noem ‘n voorbeeld van lewende en nie-lewende organismes wat oorleef in ‘n woestyn ekostelsel?
Tsamma spanspekke
Gemsbokke eet wortels vir water
Knaagdiere eet die sade
Hiënas eet die knaagdiere en versprei sade in hulle mis
Nuwe Tsamma spanspekke groei
Wat is ‘n gesonde eksostelsel:
Baie plante en diere wat afhanklik is van mekaar
Wat is ‘n ongesonde eksostelsel.
Daar is ‘n plant of ‘n dier wat die ekostelsel oorheers
Wat noem ons die groen slym in water wat ‘n ongesonde eksostelsel kan veroorsaak?
Alge
Wat is alge?
Groen slym in water wat kunsmis en skoonmaakmiddels gebruik as bron van voedsel en as hulle doodgaan verrot en al die suurstof in water gebruik.
Hoekom is Alge ‘n voorbeeld van ‘n ongesonde eksostelsel?
As hulle doodgaan aan die einde van hulle lewensiklus, gebruik hulle all die suurstof in die water dan is daar niks oor vir die visse nie en die visse gaan dood
Wat is korsmos?
Plantagtige wesens, nie plante nie maar ‘n mengsel van fungus en alge wat hou van skoon lug en belanrike rol speel in vorming van grond
Hoekom is erdwurms vriende van grond?
1.Leef van verrotende plant en diermateriaal - breek dit af in
eenvoudiger dele
2.Grawe tonnels en meng en belug die grond
3.Sonder hulle is grond hard en sonder lug