Momentum en Impuls Flashcards
(8 cards)
Momentum?
Dit is die produk van ʼn voorwerp se massa en snelheid.
Newton se tweede wet in terme van momentumverandering?
Die netto krag wat op n voorwerp inwerk is gelyk aan die tempo van verandering van momentum van die voorwerp in die rigting van die netto krag.
Impuls?
Dit is die produk van die netto krag way op ʼn voorwerp inwerk en die tyd wat die nettokrag op die voorwerp inwerk.
Impuls en momentumstelling?
Fnet.🔺️t= m.🔺️v
Geïsoleerde sisteem?
ʼn Stelsel wat geen netto eksterne kragte ondervind nie, m.a.w waarin slegs interne kragte werksaam is.
Beginsel van behoud van inieêre momentum?
Die totale linieêre momentum in ʼn geïsoleerde sisteem bly konstant in grootte en rigting.
Elastiese botsing?
ʼn Botsing waartydens momentum en kinetiese energie behoue bly.
Onelasties botsing?
ʼn Botsing waartydens momentum behoue bly maar nie die kinetiese energie nie.