Newton se wette Flashcards
(10 cards)
Normaalkrag (N)?
Die krag of komponent van ʼn krag wat ʼn oppervlak op ʼn voorwerp waarmee dit in kontak is, uitoefen en wat loodreg op die oppervlakte is.
Wrywingskrag (f)?
Die krag wat die beweeging van ʼn voorwerp teenwerk en wat parallel met die oppervlak inwerk.
Statiese wrywingskrag (fs)?
Die krag wat die neiging van beweging van ʼn stilstaande voorwerp relatief tot ʼn oppervlak teenwerk.
Kinetiese wrywingskrag (fk)?
Die krag wat die beweeging van n beweegende voorwerp relatief tot die oppervlak teenwerk.
Newton se 1ste beweegingswet?
ʼn Liggaam sal in n toestand van rus of beweeging teen ʼn konstante snelheid volhard, tensy ʼn netto krag daarop inwerk.
Newton se 2de beweegingswet
Wanneer ʼn netto krag op ‘n voorwerp inwerk, versnel die voorwerp in die rigting van die krag teen ʼn versnelling direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp.
Newton se 3de beweegingswet?
Wanneer voorwerp A ʼn krag op voorwerp B uitoefen sal voorwerp B ʼn gelyktydig krag van gelyke grootte en in die teenoorgestelde rigting op voorwerp A uitoefen.
Newton se Universele Gravitasie wet?
Elke liggaam in die heelal trek elke ander liggaam aan met ʼn krag direk eweredig aan die produk van hul massas en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hul middelpunte.
Gewig?
Die gravitasiekrag wat die Aarde uitoefen op enige voorwerp naby dy oppervlak.
Massa?
Die hoeveelheid materie waaruit ʼn voorwerp bestaan.