Woordvorming Flashcards
(12 cards)
Wat is woordvorming?
Dis die manier waarop ’n taal woorde vorm en bou.
Wat is ’n stam of basis?
Die kleinste deel van ’n woord met ’n selfstandige betekenis.
Voorbeeld: huis, werk, dier
Wat is ’n morfeem?
’n Deel van ’n woord wat nie self betekenis het nie, maar saam met die basis gebruik word.
Voorbeeld: ge-, ver-, -ing
Wat is ’n premorfeem?
’n Voorvoegsel vooraan die basis.
Voorbeeld: gesien, verhuis
Wat is ’n postmorfeem?
’n Agtervoegsel agteraan die basis.
Voorbeeld: behuising, koninklike
Twee funksies van morfeme?
a) Verander die woordsoort
b) Verander die betekenis van die woord
Voorbeeld: werk → werker / hoof → onthoof
Wat is ’n afleiding?
’n Basis + een of meer morfeme.
Voorbeeld: ge + dier + tes = gediertes
Wat is ’n samestelling?
’n Woord met twee basisse sonder morfeme.
Voorbeeld: man + hemp = manshemp
Wat is ’n samestellende afleiding?
Meer as een basis met morfeme of verbindingsklank.
Voorbeeld: dier-e-beskerm-ing
Wat is klinkerwisseling?
Verandering van die vokaal in die basis/stam om ’n nuwe woord te vorm.
Voorbeelde:
• bid → gebed
• drink → drank
• gryp → greep
• byt → gebit
Wat is ’n simpleks woord?
’n Woord met slegs een basis, sonder morfeme.
Voorbeeld: bok, mens, leeu
Wat is ’n komplekse woord?
’n Woord met ’n basis en morfeem(s).
Voorbeeld: katte, gedierte