Die Menslike oog Flashcards Preview

Lewenswetenskappe > Die Menslike oog > Flashcards

Flashcards in Die Menslike oog Deck (46)
Loading flashcards...
31

Reseptore in die oog, wat ligstimuli waarneem

Fotoreseptore

32

Die basiese vorm van die menslike oogbal

Sferies

33

Die funksie van oogwimpers

Beskerm die oog teen vreemde voorwerpe

34

Die funksie van die ooglid

Beskerm die oog teen vreemde voorwerpe

35

Die funksie van die oogspiere

Maak oogbewegings in alle rigtings moontlik

36

Die funksie van die traanklier

Skei antiseptiese trane af wat die konjunktiva teen bakterieë en uitdroging beskerm

37

Die funksie van die konjunktiva

Het pynseptore wat deur stof en vreemde partikels gestimuleer word

Het dan die oogkniprefleks tot gevolg

38

Die funksies en gepaardgaande aanpassings van die kornea.

Funksies:

  • Laat ligstrale deur na die dieperliggende lae van die oog
  • Veroorsaak breking van die inkomende ligstrale

Aanpassings:

  • deursigtig
  • meer konveks as die res van die oogbal

39

Die funksies en gepaardgaande aanpassings van die sklera.

Funksies:

  • Beskerm die inwendige dele van die oog
  • Help om die ronde vorm van die oogbal te behou

Aanpassing:

  • Sterk, onelastiese bindweefsellaag

40

Die funksies en gepaardgaande aanpassings van die choroïed

Funksies:

  • Bloedvate voorsien selle van suurstof en voedingstowwe
  • Pigment absorbeer oortollige ligstrale en voorkom so inwendige weerkaatsing
  • Sorg dat 'n duidelike beeld vorm

Aanpassings:

  • dun
  • donker
  • gepigmenteerd
  • bloedvatryk

41

Die funksie en gepaardgaande aanpassings van die siliaarliggaam

Funksie:

  • Veroorsaak die kromming van die lens tydens oogakkommodasie

Aanpassings: 

  • spieragtige verdikking
  • bestaan uit onwillekeurige siliaarspiere
  • met suspensoriese ligamente aan die lens geheg

42

Die funksie en gepaardgaande aanpassings van die lens

Funksie:

  • Verander van vorm en breek sodoende ligstrale om 'n duidelike beeld op die retina te vorm

Aanpassings:

  • elasties
  • deurskynend
  • bikonveks
  • kan van vorm verander

43

Die funksies en gepaardgaande aanpassings van die iris

Funksies:

  • Beheer die hoeveelheid lig wat die oog binnekom, deur pupilgrootte te verander 
  • Gee kleur aan die oog

Aanpassings:

  • ronde, gekleurde struktuur
  • aan die voorkant van die lens
  • besit twee stelle onwillekeurige spiere, die radiale- en kringspiere
  • het in die middel 'n opening, die pupil, waardeur ligstrale die oog binnekom
  • besit pigmente wat die kleur van die oog gee

44

Die funksie en gepaardgaande aanpassing van die pigmentlaag van die retina

Funksie:

  • Absorbeer ligstrale en verhoed weerkaatsing

Aanpassing:

  • donker gepigmenteerd

45

Die funksie en gepaardgaande aanpassing van die senuweelaag van die retina

Funksie:

  • Neem ligstimuli waar en skakel dit om in senuwee-impulse

Aanpassing:

  • Bevat 2 tipes fotoreseptore (stafies en keëltjies)

46

Die funksies en gepaardgaande aanpassings van die optiese senuwee

Funksie:

Gelei senuwee-impulse na die serebrale korteks van die brein waar dit geïnterpreteer word en die gewaarwording van gesig ontstaan

Aanpassing:

Senuweevesels vanaf die fotoreseptore vorm sinapse met sensoriese bipolêre neurone, wat op hul beurt sinapties verbind is aan optiese senuweeselle (neurone), die optiese neurone verloop dan saam om die optiese senuwee te vorm

47

Gee die funksies en aanpassings van die GLASVOG van die oog: 

Funksies:

  • Help om die vorm van die oogbal te behou
  • Verhoed dat die retina losskeur van die choroïed
  • Help met die breking van die ligstrale

Aanpassings:

  • jellieagtig
  • deurskynend

48

Onderskei tussen die geelvlek en die blindevlek by die oog

GEELVLEK

  • area in lyn met die optiese as van die lens,
  • wat oorwegend keëltjies en baie min stafies besit.
  • In die middel van die geelvlek is die fovea centralis waar slegs keëltjies voorkom.
  • Die helderste, mees akkurate beeld word hier gevorm.

BLINDEVLEK

  • plek waar die optiese senuwee die oogbal verlaat
  • besit geen stafies of keëltjies nie.
  • Indien ligstrale op die blindevlek sou val, word geen senuwee-impulse na die brein gelei nie en geen beeld gevorm nie.

49

Onderskei tussen watervog en glasvog by die oog

WATERVOG

  • Is 'n waterige vloeistof wat die voorste kamer, geleë tussen die lens en die kornea, vul.
  • Dit help die kornea om sy vorm te behou,
  • Voorsien voedingstowwe aan die oog
  • Beskerm die oog teen patogene organismes.

GLASVOG

  • 'n Jellieagtige vloeistof wat die agterste kamer, geleë agter die lens, vul.
  • Dit help om die vorm van die oogbal te behou,
  • Verhoed dat die retina losskeur van die choroïed
  • Help met ligbreking.

50
Definieer:

Pupil

'n Opening in die iris, waardeur ligstrale die oog binnekom

51

Wat word bedoel met 'pupilmeganisme'?

'n Refleksaksie/pupilrefleks waartydens die onwillekeurige radiale- en kringspiere van die iris outomaties reageer op die hoeveelheid lig wat die oog binnekom en dienooreenkomstig saamtrek of verslap om die grootte van die pupil/opening te beheer, deur dit groter of kleiner te maak.

52

Waarom is 'n pupilmeganisme enigsins nodig?

Om die hoeveelheid inkomende lig te beheer, sodat skadelike UV-strale nie die retina beskadig nie

53

Beskryf die pupilmeganisme in skerp lig

  • die onwillekeurige radiale spiere van die iris ontspan
  • die onwillekeurige kringspiere van die iris trek saam
  • die pupil verklein
  • minder lig word na die retina deurgelaat

54

Onder watter toestande, behalwe hoë ligintensiteit, sal die pupille ook vergroot?

Wanneer die persoon

  • onder stres verkeer,
  • opgewonde is,
  • sekere dwelmmiddels gebruik
  • of na ver voorwerpe kyk (of enige korrekte voorbeeld)

55

Beskryf hoe die gewaarwording van gesig ontstaan

  • Ligstrale wat die oog binnekom word deur die kornea, watervog, lens en glasvog gebreek om 'n duidelike beeld op die geelvlek van die retina te fokus
  • Die retina bevat die ligsensitiewe fotoreseptore, nl. die stafies en keëltjies
  • Wanneer die fotoreseptore deur die inkomende ligstrale gestimuleer word, stel hulle senuwee-impulse vry
  • Die senuwee-impulse beweeg met die oogsenuwee na die serebrale korteks van die brein, waar die gewaarwording van gesig ontstaan

56

Noem DRIE maniere hoe die beeld wat op die retina gefokus word, verskil van die een wat waargeneem word

  1. effens kleiner
  2. onderstebo
  3. omgedraai

57

Waarom sal 'n persoon wat geen spesifieke oogdefekte gehad het nie, waarskynlik na die ouderdom van veertig 'n bril met konvekse lense nodig hê?

  • Die lens verloor na die ouderdom van veertig sy elastisiteit.
  • Dit is dus nie meer vir die lens moontlik om sy kromming effektief te verander nie.
  • Ligstrale van naby voorwerpe kan nie meer genoeg gebreek word om 'n gefokusde beeld op die retina te verkry nie.
  • Die ligstrale moet dus deur die konvekse lens van 'n bril gebreek word om 'n skerp gefokusde beeld op die retina te verkry.

58
Definieer:

Binokulêre visie

Die linker- en regteroog vorm elk sy eie beeld van die voorwerp waarna gekyk word.

Die brein kombineer die twee beelde om een drie-dimensionele geheelbeeld te vorm.

59

Noem DRIE voordele van binokulêre visie

  1. Vorm 'n driedimensionele beeld
  2. Verskaf 'n wyer gesigsveld
  3. Skep 'n persepsie van diepte

60

Watter tipe lense sal gebruik word om jou visuele gebrek reg te stel indien jy die padaanwysingsborde duidelik kan lees, maar nie die padkaart op jou skoot nie?

Konvekse