Die Menslike oor Flashcards
(25 cards)
Wat word die reseptore in die oor, wat verantwoordelik is vir gehoor en balans, genoem?
Meganoreseptore
Gee die funksie van die gehoorbeentjies
- Versterk die vibrasies
- Dra vibrasies oor na die membraan van die ovaalvenster
Verduidelik die oorsaak van middeloorinfeksie
- Infeksie, bv. virale, boonste lugweginfeksie, soos verkoue of griep, waar die weefsels agter in die neus en keel geswel is - veroorsaak dat die buis van Eustachius nie doeltreffend kan funksioneer nie
- Lug kan dus nie in die middeloor geabsorbeer en vervang word nie en veroorsaak dat die druk in die middeloor laer is as die atmosferiese druk in die uitwendige gehoorkanaal
- ‘n Negatiewe druk ontstaan in die middeloorholte, wat veroorsaak dat vloeistof vanuit die omringende weefsels onttrek word en in die holte versamel
- Dit veroorsaak dat die oordrom uitbult, wat pyn tot gevolg het.
Noem VYF simptome van middeloorinfeksie
- oorpyn
- koors
- dreinering van oorvloeistof (dik en geel, nie normale oorwas nie)
- gehoorverlies
- neuskongestie
- lighoofdigheid
- balansversteuring
Noem VYF maniere hoe middeloorinfeksie behandel kan word
- antibiotika (slegs effektief in die geval van ‘n bakteriële infeksie)
- pynverligting
- dekongestiewe neusmiddels
- oordruppels
- chirurgiese prosedure
Wat word bedoel met ‘miringotomie’?
‘n Prosedure wat die maak van ‘n klein snytjie in die oordrom (timpanummembraan) behels, om die vloeistof uit die middeloorholte te dreineer.
Die dreinering word onder algemene narkose gedoen en gaan dikwels gepaard met die plaas van ‘n venitlasiebuisie in die oordrom.
Wat is die doel van die ventilasiebuisie (grommet) wat in die oordrom geplaas word tydens die chirurgiese behandeling van middeloorinfeksie?
Die ventilasiebuisie laat toe dat lug die middeloor binnedring.
Die buisie neem die funksie oor van die swak funsionerende Eustachiusbuis en gee die middeloor kans om te herstel.
Daar word tussen twee tipes doofheid onderskei, naamlik geleidingsdoofheid en senuweedoofheid. Onderskei tussen hierdie twee tipes doofheid deur na hul DEFINISIE te verwys
GELEIDINGSDOOFHEID:
- Kom voor wanneer een v.d. meganismes wat klankgolwe deur die uitwendige oor gelei, die oordrom of die gehoorbeentjies in die middeloor, nie korrek funksioneer nie.
- Die oordra van vibrasies na die inwendige oor word dus verhoed.
- Hierdie tipe doofheid is gewoonlik tydelik van aard en kan dikwels medies of chirurgies behandel word.
SENUWEEDOOFHEID:
- Behels ‘n probleem in die inwendige oor, wat die beskadiging van die sensoriese haarselle van die orgaan van Corti, die gehoorsenuwee of die gehoorsentrum in die brein kan insluit.
- Hierdie tipe doofheid is gewoonlik permanent van aard en vereis rehabilitasie soos ‘n gehoorapparaat of ‘n kogleêre inplanting.
Daar word tussen twee tipes doofheid onderskei, naamlik geleidingsdoofheid en senuweedoofheid. Onderskei tussen hierdie twee tipes doofheid deur na hul AARD VAN PERMANENSIE te verwys.
Geleidingsdoofheid is gewoonlik tydelik van aard.
Senuweedoofheid is gewoonlik permanent van aard.
Daar word tussen twee tipes doofheid onderskei, naamlik geleidingsdoofheid en senuweedoofheid. Onderskei tussen hierdie twee tipes doofheid deur na hul BEHANDELING te verwys
Geleidingsdoofheid kan dikwels medies of chirurgies behandel word
Senuweedoofheid vereis rehabilitasie soos ‘n gehoorapparaat of ‘n kogleêre inplanting
Definieer:
Kogleêre inplanting
Dit is ‘n elektroniese toestel wat chirurgies ingeplant word om ‘n mens met erge of algehele doofheid te help hoor
Vir watter tipe doofheid word kogleêre inplantings as behandelingsmetode aangewend?
Dit word aangewend vir mense met senuweedoofheid, waar die inwendige oor beskadig is en die persoon erg of algeheel doof is.
Noem die dele wat die eksterne gedeelte van die kogleêre inplanting in die oor uitmaak
- Mikrofoon
- Spraakverwerker
- Sender
Noem die funksie van die eksterne gedeelte
Dit neem klankgolwe uit die omgewing op en verwerk dit tot elektriese klankseine
Wat is die funksie van die ONTVANGER by ‘n kogleêre inplanting?
Dit absorbeer elektriese klankseine en skakel dit om in elektriese impulse
Wat is die funksie van die ELEKTRODES by ‘n kogleêre inplanting?
Dit kronkel deur die koglea en stuur senuwee-impulse na die gehoorsenuwee, wat dit na die brein gelei.
Die gehoorsenuwee word dus kunsmatig gestimuleer.
Definieer:
Gehoorapparaat
‘n Elektroniese toestel wat agter of in die oor gedra word om klanke te versterk en dit dus harder maak
Vir watter tipe doofheid word gehoorapparate as behandelingsmetode aangewend?
Dit word aangewend vir geleidingsdoofheid, waar die persoon nie algeheel doof is nie
Wat word bedoel met ‘gebaretaal’?
Dit is ‘n manier van kommunikasie tussen lede van Dowe-gemeenskappe.
Hand-, arm-, kop-, en bolyfbewegings asook gesigsuitdrukkings word as kommunikasiemiddels gebruik.
Noem die funksie van die gehoorbeentjies
Hulle dra vibrasies oor van die timpaniese membraan na die binne-oor
Noem die funksie van die rondevenster
Dit voorkom opbou van golwe, deur die drukgolf deur die timpaniese kanaal van die binne-oor te absorbeer.
Wat sou gebeur as die buis van Eustachius met slym gevul word?
Die Gehoorbeentjies sal nie geredelik vibreer om vibrasies na die binne-oor oor te dra nie.
Dit veroorsaak gedeeltelike doofheid.
Dit sal nie druk aan beide kante van die tumpanum membraan kan balanseer nie, wat pyn sal veroorsaak of selfs dat die oordrom bars.
Beskryf die meganisme wat die verandering in die deursnee van die pupil veroorsaak indien ligintensiteit afneem.
Die radiale spiere trek saam.
Die kringspiere ontspan.
Dus verwyd die pupil wat meer lig laat binnegaan.
Verduidelik een funksie van FSH tydens die menstruale siklus.
Stimuleer follikel / ovum ontwikkeling in die ovarium / afskeiding van estrogeen.