Coloumb se wet
Die elektrostatiese krag wat een puntlading (Q1) op 'n ander puntlading (Q2) uitoefen:
- is direk eweredig aan die grootte van die ladings en
- omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand (r) tussen hulle.
In Simbole: F = kQ1Q2 / r2
Elektriese veld
'n Gebied in die ruimte waar 'n elektriese lading 'n krag ondervind.
Die rigting van die elektriese veld (By 'n punt)
Die rigting waarin 'n positiewe toetslading wat by die punt geplaas word sal beweeg.
Is elektriese veld 'n skalaar of vektor hoeveelheid?
Vektor
Dit het dieselfde rigting as die krag op 'n positiewe lading
Elektriese potensiele energie
Die energie wat 'n lading het het as gevolg van die posisie daarvan relatief tot ander ladings wat daarmee interaksie het.
Elektriese potensiaal by 'n punt
Die elektriese potensiele energie per eenheidslading by daardie punt
Elektriese potensiaalverskil
Die verskil in elektriese potensiele energie per eenheidslading tussen twee punte in 'n elektriese veld.
Eenheid van elektriese potensiaalverskil
Volt,
oftewel joule per coulomb
Elektriese potensiaalverskil
Spanning
Elektriese potensiaalverskil
V = W/q
Verduidelik weerlig in terme van elektriese potensiaal en potensiaalverskil
Weerlig kom voor as daar 'n groot verskil in elektriese potensiaal tussen die grond en die basis van die wolke is.
'n Tipiese donderwolk kan by 'n potensiaal van 1,2 x 108 V wees, en die donderslag kan 'n ladingsoordrag van 20 C tot gevolg hê.
Beskryf maatreels wat geneem kan word om die gevaar om deur weerlig getref te word, te verminder.
-
Sorg dat jy dadelik in ’n stewige gebou of ’n motor kom.
-
Moenie onder afdakke, onder geïsoleerde bome of in ’n voertuig met ’n verstelbare kap gaan skuil nie.
-
Bly weg van hoë voorwerpe soos torings, heinings, telefoonpale en kragdrade.
-
As jy ver van 'n skuiling is tydens weerlig: hurk (Weerlig is geneig om die hoogste punte te tref) hou jou voete bymekaar. (Om te verhoed dat 'n potensiaalverskil (tussen jou voete) opbou)
'n Parallelplaatkapasitor
'n Toestel wat uit 2 teenoorgesteld gelaaide plate wat deur 'n klein afstand geskei is bestaan.
'n Kapasitor
'n Toestel wat lading en energie stoor.
Kapasitansie
Die lading gestoor op die plate van die kapasitor per eenheidspotensiaalverskil tussen die plate
Kapasitansie
C = Q/V
Wat is die eenheid van kapasitansie?
Farad (F)
Oftewel coulomb per volt
Gee die elektriese veld tussen die plate van 'n parallelplaatkapasitor in simbole:
E = V/d
Die invoeging van 'n dielektrikum tussen die plate, kapasitansie verhoog.
In 'n parallelplaatkapasitor verhoog 'n diëlektrikum die kapasitansie deur die netto elektriese veld te verlaag.
Dit verminder die elektriese veldintensiteit tussen die plate as gevolg van geïnduseerde dipole.
Beskryf wat gebeur met 'n kapasitor in 'n GS-stroombaan oor 'n tydperk tydens lading
Soos wat die kapasitor laai, verminder die direkte stroom
en word uiteindelik nul wanneer die kapasitor ten volle gelaai is.
Beskryf hoe 'n gelaaide kapasitor gebruik kan word om 'n groot potensiaalverskil vir 'n kort tydjie te lewer.
-
Elektriese stroom
Die tempo van vloei van ladings
Elektriese stroom
I = q/deltat
Ohmiese en nie-ohmiese geleiers
Nie-ohmiese geleiers:
- Die weerstand van die geleiers verander soos wat hulle temperatuur verander.
- Hulle gehoorsaam nie Ohm se Wet nie.
Ohmiese geleiers:
- Geleiers wat Ohm se Wet gehoorsaam.
- Stroom is direk eweredig aan potensiaalverskil
'n Ohmiese geleier
Nichroomdraad
'n Nie-ohmiese geleier
Wolframfilament
(die weerstand van die filamentdraad neem dramaties toe)
Ohm se wet
Die potensiaalverskil oor 'n geleier is direk eweredig aan die stroom in die geleier by konstante temperatuur.
Ohm se wet
R = V/ I
Wanneer is daar 'n verskil tussen die emk en die terminaalpotensiaalverskil van die battery?
Daar is 'n verskil tussen die emk en die terminaalpotensiaalverskil van die battery indien die eksterne weerstand in die stroombaan in grootte vergelykbaar is met die battery se interne weerstand
Beskryf wat gebeur met 'n kapasitor in 'n GS-stroombaan oor 'n tydperk tydens ontlading
Tydens die ontlading van ‘n kapasitor:
- Verminder die laaistroom vanaf ‘n aanvanklike waarde van V/R na nul.
- Verminder die potensiaalverskil oor die kapasitor vanaf V na nul, wanneer die kapasitor volgelaai is.
- Is die potensiaalverskil oor die kapasitor en die potensiaalverskil oor die resistor altyd gelyk.
- Verminder die potensiaalverskil oor die resistor (gegee deur VR = IR) van ‘n aanvanklike waarde van V na nul wanneer die kapasitor volledig gelaai is.