Die Vroulike Voortplantingstelsel Flashcards Preview

Lewenswetenskappe > Die Vroulike Voortplantingstelsel > Flashcards

Flashcards in Die Vroulike Voortplantingstelsel Deck (75)
Loading flashcards...
31

Noem 5 sekondêre geslagskenmerke soos dit by vroulike individue voorkom.

  • Toename in vet onder die vel
  • Heupe raak breër
  • Borste ontwikkel
  • Toename in lengte
  • Ovariums ontwikkel en begin eierselle produseer
  • Menstruasie begin
  • Pubis-/skaamhare verskyn
  • Onderarmhare verskyn
  • Vel raak meer olierig
  • Gedragsveranderinge bv. buierigheid

32

Wat is die verskil tussen die oögonium en die primêre follikel?

Die oögonium ontwikkel deur mitose uit die kiemepiteelsel.

Dit word dan omring deur 'n korrellaag, ook afkomstig van die kiemepiteel. Die hele struktuur: oögonium + korrellaag = primêre follikel.

33

Watter hormoon is verantwoordelik vir die ontwikkeling van die primêre follikels tot Graafse follikels?

FSH - Follikelstimulerende hormoon

34

Watter klier is verantwoordelik vir die afskei van die hormoon Follikelstimulerende hormoon (FSH)?

Hipofise / pituïtêre klier

35

Watter struktuur skei die hormoon estrogeen af?

Graafse follikel

36
Gee die funksies:

Estrogeen

  • Verantwoordelik vir sekondêre geslagskenmerke
  • Verseker dat endometrium meer bloedvat- en klierryk raak vir implantering van die embriio.

37

Identifiseer die proses waartydens die vrygestelde sekondêre oösiet vrygestel word.

Ovulasie

38

Hoe gereeld vind ovulasie plaas?

+- elke 28 dae

39

Watter hormoon word deur die Corpus Luteum afgeskei?

Progesteroon - maak die endometrium meer bloedvat- en klierryk vir implantering en help met die instandhouding van die plasenta tydens swangerskap.

40
Gee die funksie:

Progesteroon

  • Dit maak die endometrium meer bloedvatryk en klierryk vir implantering
  • en help met die instandhouding van die plasenta tydens swangerskap.

41

Onderskei tussen 'n sekondêre oösiet en 'n ovum.

Die sekondêre oösiet het nog nie die 2de meïotiese deling ondergaan nie.

Dit gebeur eers wanneer 'n spermsel die dooiermembraan tydens bevrugting binnegedring het.

Eers dan staan dit bekend as 'n ovum.

42
Definieer:

Uterale siklus

Die sikliese veranderinge wat die endometrium van die uterus ondergaan.

43

Wat word bedoel met die beginpunt 'puberteit' en die eindpunt 'menopouse'?

Puberteit is wanneer die liggaam gereed maak om te begin gamete vorm.

Menopouse is die tyd wanneer die liggaam ophou om gamete te vorm.

44

Watter hormone is verantwoordelik vir die sikliese opbou van die endometrium?

Progesteroon en Estrogeen

45
Definieer:

Menstruasie

Die sikliese uitwerp van die afgetakelde endometrium tesame met 'n onbevrugte sekondêre oösiet deur die serviks en vagina.

46

Hoe lank na ovulasie vind menstruasie plaas?

+- 14 dae

47

Waarom raak die liggaam ontslae van die endometrium?

Aangesien geen bevrugting plaasgevind het nie, is dit nie nodig vir die implantering van 'n embrio nie.

48

Waaruit bestaan die afgetakelde endometrium?

Mukus en bloed

49

Waarom gaan menstruasie met pyn gepaard?

Die uteruswand trek kragtig saam om die weefsel van die afgetakelde endometrium uit te werp.

50
Definieer:

Primêre follikel

'n Primêre oösiet, saam met sy laag omliggende selle.

51

Watter 2 selle vorm as 'n primêre oösiet ryp is?

  • 'n Haploïede sekondêre oösiet
  • 'n Baie klein eerste polêre liggaam

52

Wat gebeur met die sekondêre oösiet as die primêre oösiet ryp is?

Die sekondêre oösiet word na een kant toe gedruk in die sekondêre follikel

Hierdie ryp follikel word nou 'n Graaf-follikel genoem.

Dit blaas op soos 'n ballon op die oppervlak van die ovarium en bars om sodoende die sekondêre oösiet vry te stel. (proses genoem ovulasie)

53

Wat produseer Meiose II in die vroulike voortplantingstelsel?

'n Ryp, haploïede eier, en 'n haploïede polêre liggaam (wat disintegreer kort na meiose)

54

Wat gebeur met die Graaf-follikel na ovulasie?

Onmiddelik na ovulasie ontwikkel die Graaf-follikel wat die sekondêre oösiet geproduseer het in 'n soliede liggaam wat die corpus luteum (geel liggaam) genoem word. As die eier nie bevrug word nie, disintegreer die corpus luteum.

55

Wat word als deur die ovarium geproduseer?

  • Eiers
  • Estrogeen
  • Progesteroon

56
Definieer:

Endometrium

Die binnevoering van die uterus en is ryklik voorsien van bloedvate.

57
Definieer:

Uterus

'n Holte met 'n dik, gespierde wand waar die embrio / fetus ontwikkel.

58
Definieer:

Serviks

Die nek van die uterus en maak in die vagina oop.

59

Wat gebeur tydens dag 1 - 7 in die menstruele siklus?

Ovariums: Nuwe follikels ontwikkel en skei estrogeen af

Uterus: Voering word afgebreek en word uitgeskei (menstruasie)

60

Wat gebeur met dag 8 - 13 in die menstruele siklus?

Ovariums: ’n Ryp Graaf se follikel ontwikkel:

• Graaf se follikel beweeg na die kant van die ovarium

• Dit skei estrogeen af

Uterus: Estrogeen stimuleer die endometrium om dikker te word en meer bloedvate en kliere te ontwikkel