Die Vroulike Voortplantingstelsel Flashcards Preview

Lewenswetenskappe > Die Vroulike Voortplantingstelsel > Flashcards

Flashcards in Die Vroulike Voortplantingstelsel Deck (75)
Loading flashcards...
61

Wat gebeur op dag 14 van die menstruele siklus?

Ovulasie vind gewoonlik op die dag plaas.

Graaf se follikel bars en stel ’n eiersel vry.

62

Wat gebeur met dae 15 - 22 van die menstruele siklus?

Ovariums: Graaf se follikel word ’n korpus luteum wat progesteroon afskei.

Uterus: Progesteroon stimuleer die endometrium om nog dikker te word, nog meer bloedvate en kliere ontwikkel, gereed om die embrio te ontvang indien bevrugting plaasgevind het

63

Wat gebeur met dag 23 - 28 van die menstruele siklus?

Ovariums: As bevrugting nie plaasvind nie:

  • Die korpus luteum krimp en hou op om progesteroon af te skei

As bevrugting plaasvind:

  • Die korpus luteum bly aktief in die ovarium en hou aan om progesteroon af te skei
  • Geen ander follikels ontwikkel in die ovariums nie
  • Geen menstruasie vind plaas nie

64

Verduidelik die Pituïtêre/hipofise hormoonvlakke tussen dae 0 - 11

Die pituïtêre klier produseer FSH, wat die follikel stimuleer om te ontwikkel.

65

Verduidelik die Pituïtêre/hipofise hormoonvlakke tussen dae 11 - 17

FSH- en LH-vlakke is die hoogste op Dag 14.

66

Verduidelik die Pituïtêre/hipofise hormoonvlakke tussen dae 17 - 28

LH-vlakke verlaag en bly dan konstant om die korpus luteum te onderhou.

67

Verduidelik die Groei van follikel tussen dae 0 - 11

Die follikel ontwikkel in ’n Graaf se follikel, wat ’n eiersel bevat.

68

Verduidelik die Groei van follikel tussen dae 11 - 17

Die follikel-ontwikkeling is voltooi as gevolg die invloed van FSH op Dag 14.

Ovulasie word gestimuleer deur die hoë vlakke van FSH en LH op Dag 14.

LH stimuleer die ontwikkeling van die korpus luteum.

69

Verduidelik die Groei van follikel tussen dae 17 - 28

Die korpus luteum produseer progesteroon.

Die korpus luteum begin geleidelik disintegreer aangesien bevrugting nie plaasgevind het nie.

70

Verduidelik die hormoonvlakke in die ovarium tussen dae 0 - 11

Estrogeenvlakke neem toe, omdat die hormoon deur die follikel geproduseer word.

71

Verduidelik die hormoonvlakke in die ovarium tussen dae 11 - 17

Die estrogeenvlakke bereik ’n maksimum op ongeveer Dag 14 totdat ovulasie plaasvind, maar begin dan afneem, omdat die Graaf se follikel ophou funksioneer

72

Verduidelik die hormoonvlakke in die ovarium tussen dae 17 - 28

Die estrogeenvlakke neem weer toe en neem dan af aan die einde van die siklus.

Die progesteroonvlakke neem toe tot op Dag 21.

Die progesteroonvlakke neem af wanneer die korpus luteum disintegreer en ophou funksioneer.

73

Verduidelik die dikte van die uterusvoering/endometrium tussen dae 0 - 11

Die dikte van die endometrium neem toe Dag 7 (ná menstruasie) as gevolg van die estrogeenproduksie.

74

Verduidelik die dikte van die uterusvoering/endometrium tussen dae 11 - 17

Endometrium verdik nog verder

75

Verduidelik die dikte van die uterusvoering/endometrium tussen dae 17 - 28

Die progesteroon berei die endometrium voor vir swangerskap.

Verminderde progesteroonvlakke vanaf Dag 21 laat die endometrium afbreek, wat ná Dag 28 deur menstruasie uitgeskei word, aangesien geen bevrugting plaasgevind het nie.