Direkte en Indirekte Rede Flashcards Preview

Afrikaans Gr5 Loggenberg > Direkte en Indirekte Rede > Flashcards

Flashcards in Direkte en Indirekte Rede Deck (11)
Loading flashcards...
1
Q

Wat is direkte rede?

A

‘n Aanhaling van die presiese woorde wat iemand sê.

Antoinette sê: “Dit is moeilik om te verduidelik!”

2
Q

Wat is indirekte rede?

A

‘n Verslag van wat iemand gesê het.

Antoinette sê dat dit moeilik is om te verduidelik.

3
Q

Hoe verander mens ‘n sin van direkte na indirekte rede?

A

die dubbelpunt (:) en aanhalingstekens (“ “) verdwyn.
“dat” word ingesit
die werkwoord skuif na die einde van die sin
“ek” verander na “hy” / “sy”, afhangende van die geslag van die persoon wat gesels

4
Q

Verander na indirekte rede:

Wikus sê: “Ek sien Anneke se blou oë.”

A

Wikus sê dat hy Anneke se blou oë sien.

5
Q

Verander na indirekte rede:

Juffrou sê: “Ek is bly.”

A

Juffrou sê dat sy bly is.

6
Q

Sit die korrekte leestekens in:

Simon sê Ek skakel die lig af

A

Simon sê: “Ek skakel die lig af.”

7
Q

Verander na indirekte rede:

Simon sê: “Ek skakel die lig af.”

A

Simon sê dat hy die lig afskakel.

8
Q

Sit die korrekte leestekens in:

Jessica se spaar water

A

Jessica sê: “Spaar water!”

9
Q

Verander na indirekte rede:

Vuyokasi sê: “Ek bespaar water.”

A

Vuyokasi sê dat hy water bespaar.

10
Q

Verander na indirekte rede:

Jakkals sê vir Eendjie: “Ek sal jou help.”

A

Jakkals sê vir Eendjie dat hy haar sal help.

11
Q

Verander na indirekte rede:

Eendjie antwoord Jakkals: “Jy sal my nie dra nie.”

A

Eendjie antwoord Jakkals dat hy haar nie sal dra nie.