Ontkenning Flashcards Preview

Afrikaans Gr5 Loggenberg > Ontkenning > Flashcards

Flashcards in Ontkenning Deck (12):
1

nie + iemand

niemand

2

nie + ooit

nooit

3

nie + iets

niks

4

nie + êrens

nêrens

5

nie + nog

nie meer

6

Beantwoord die vraag in die ontkenning:
Doen die kinders ooit huiswerk?

Nee, die kinders doen nooit huiswerk nie.

7

Beantwoord die vraag in die ontkenning:
Help iemand in die huis?

Nee, niemand help in die huis nie.

8

Beantwoord die vraag in die ontkenning:
Hou julle daarvan?

Nee, ons hou nie daarvan nie.

9

Beantwoord die vraag in die ontkenning:
Is daar êrens in die huis 'n TV?

Nee, daar is nêrens in die huis 'n TV nie.

10

Beantwoord die vraag in die ontkenning:
Kyk die kinders nog te veel TV?

Nee, die kinders kyk nie meer te veel TV nie.

11

Beantwoord die vraag in die ontkenning:
Hou jy van spinasie?

Nee, ek hou nie van spinasie nie.

12

Beantwoord die vraag in die ontkenning:
Het jy iets interessant gelees?

Nee, ek het niks interessant gelees nie.