Maatskaplike Verantwoordelikheid en Korporatiewe Burgerskap: KMV & KMI. Flashcards

(17 cards)

1
Q

Die betekenis van sosiale/maatskaplike verantwoordelikheid.

A

Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI): die belegging van
korporatiewe fondse/ander bates vir die kern doel om maatskaplike
uitkomste te bereik.

Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV):
hoe die besigheid hul prosesse bestuur, insluitend tyd en moeite, om al die belanghebbendes van die besigheid positief te beïnvloed.

Hierdie verantwoordelikheid kan die volgende vorm aanneem:
vermy enige optredes wat die omgewing kan benadeel, byvoorbeeld die uitbuiting van natuurlike hulpbronne.
implementering van inisiatiewe wat die samelewing kan bevoordeel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Die verhouding tussen sosiale/maatskaplike verantwoordelikheid en die drievoudige sleutelaspekte (DSA).

A

Persone/Mense/Maatskaplik/Sosiaal:
Besighede die gemeenskap benadeel of uitbuit nie.
Besighede moet bydra tot die welstand van al hul belanghebbendes.

Profyt/Wins/Ekonomies:
Die drievoudige sleutelaspekte beteken dat besighede nie net op hul wins moet fokus en hoë pryse vra nie, maar ook in KMI-projekte moet belê.
Besighede moenie wins maak ten koste van hul gemeenskap nie.

Planeet/Omgewing:
Besighede moenie hulpbronne uitput of die omgewing benadeel vir produksie of om wins vir hulself te verkry nie.
Hulle moet energiedoeltreffende of eko-vriendelike produkte en produksiemetodes ondersteun.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Voorbeelde van maatskappye met DSA-strategieë.

A

DHL beoog om teen 2050 vrystellings te bereik.
Patagonia hergebruik ou klere.
Apple het 100% groen-energie behaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Maniere waarop ‘n besigheidsprojek tot die gemeenskap kan bydra.

A

Die besigheid kan betrokke wees by gemeenskapsopvoeding.

Die besigheid kan lede van die plaaslike gemeenskap in diens neem in hul projekte vir die gemeenskap.

Besighede kan hul werknemers aanmoedig om deel te neem aan vrywilligerprogramme wat in die plaaslike gemeenskap plaasvind.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Strategieë om MIV/VIGS te hanteer.

A

Moedig werknemers aan om by MIV/VIGS-ondersteuningsgroepe aan te sluit.

Ontwikkel en implementeer strategieë om stigma en diskriminasie te hanteer.

Ontwikkel beradingsprogramme vir besmette werknemers en hul familielede.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Strategieë om werkloosheid te hanteer.

A

Skep werksgeleenthede vir lede van die gemeenskap in die besigheid.

Voer entrepreneursprogramme uit wat selfindiensneming kan bevorder.

Bied beurse aan die gemeenskap en werknemers om hul opvoedingsvlakke te verbeter.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Strategieë om armoede te hanteer.

A

Skenk geld en/of kospakkies aan plaaslike NRO’s.

Belê in infrastruktuur en behuisingsprogramme in die plaaslike area.

Ondersteun armoedeverligtingsprogramme wat deur die regering aangebied word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die welstand van hul werknemers te bevorder.

A

Verskaf vervoer vir werknemers wat buitengewone lang ure werk.

Voer spanbousessies uit om
werknemers se moraal te verbeter.

Verskaf ontspanningsgeriewe vir werknemers en moedig hulle aan om fiks en gesond te bly.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die welstand van gemeenskappe te bevorder.

A

Verseker dat die produk wat hulle verskaf nie verbruikers of die omgewing benadeel nie.

Skenk geld en/of tyd aan gemeenskapsprojekte.

Oefen etiese korrekte besigheidspraktyke uit, byvoorbeeld, moenie betrokke raak by onbillike advertensies nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Doel van KMV.

A

Hulle wil aan die verwagtinge van die regering en die wet voldoen, byvoorbeeld deur nie natuurlike hulpbronne te buit/put nie.

Die besigheid kan ekonomiese voordele kry deur byvoorbeeld, krediete te kry vir die beheer van koolstofvrystellings.

Die besigheid se beleide moet etiese kwessies oorweeg, byvoorbeeld, hulle besluit om hul vrystellings in die produksieproses te verminder.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Komponente van KMV.

A

Omgewing – Besighede moet vir die omgewing sorg deur aan omgewingsprogramme deel te neem.

Besigheidsetiek – Elke besigheid moet hul kernwaardes soos eerlikheid, respek en regverdigheid in al hul beleide en praktyke integreer.

Gelyke indiensneming – Om aan die wette te voldoen, moet die onderneming diversiteit, gelykheid en billikheid in die werkplek hê soos voorgeskryf deur die WGI en ander wette.

Gesondheid en veiligheid – Die besigheid moet verseker dat die werksomgewing veilig is vir alle belanghebbendes.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Die impak van KMV/KMI op besighede.

A

Positief:
KMI bevorder kliëntelojaliteit, wat tot meer verkope kan lei.
KMI kan ervare werknemers lok en die produktiwiteit van die besigheid verhoog.

Negatief:
Dit is moeilik vir klein en medium ondernemings om KMV- programme te implementeer.
Besighede vind dit moeilik om te voldoen aan wetgewing wat KMV reguleer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Die impak van KMV/KMI op gemeenskappe.

A

Positief:
Beter opvoedkundige en ontspanningsgeriewe word in
arme gemeenskappe gevestig.
Die voorsiening van beurse verhoog die vlak van onderwys en stel die gemeenskap in staat om vir werk aansoek te doen.

Negatief:
Besighede is nie altyd toegerus om maatskaplike probleme aan te spreek nie.
As KMV-programme nie volhoubaar is nie, kan dit die gemeenskap benadeel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Die doel van KMI.

A

Die wet en die regering vereis dat ‘n besigheid KMI -bydraes moet maak.

KMI-projekte dra by tot ‘n positiewe besigheidshouding teenoor die plaaslike gemeenskap en help die gemeenskap om te ontwikkel.

Die KMI-projekte is langtermynbeleggings en moet volhoubaar wees.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

KMI-fokusareas.

A

Gemeenskap.
Landelike Ontwikkeling
Werknemers
Omgewing

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Voorbeelde van KMI -projekte.

A

Armoedeverligting deur skenkings aan plaaslike organisasies.

Investering in werkskeppingsprojekte vir lede van die gemeenskap.

Om dienste te lewer wat die regering nie kan nie, byvoorbeeld om infrastruktuur te bou.

17
Q

Verskille tussen Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) en Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI).

A

Korporatiewe Maatskaplike
Verantwoordelikheid (KMV):
Die bedoeling is om sakepraktyke te
verander.
Dikwels bedoel as ‘n bemarkingsinisiatief.
Die fokus is op die verbetering van die besigheidsbeeld en verhoging van wins.

Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI):
Aktiewe toewyding van geld en hulpbronne om die gemeenskap op te hef.
Bedoel om gemeenskappe deur maatskaplike ontwikkeling te bevoordeel en op te hef.
Die fokus is op die opheffing van die gemeenskap sonder ‘n wins op die belegging.