Meiose - Kwartaal 2 Flashcards

(10 cards)

1
Q

Die proses van meiose.

A

Meiose is belangrik vir geslagtelike voortplanting omdat dit behels dat die genetiese inligting van een ouer met die van die ander ouer gekombineer word om n genetiese unike individu te produseer.

Diploïede (2n) sel het twee volledige stelle gepaarde chromosome.
Haploïede (n) sel het n enkele stel ongepaarde chromosome.

Tydens meiose verdeek n enkele diploïede sel en vorm vier haploïede selle (gamete)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Stadiums van meiose.

A

Twee opeenvolgende nuklueêre delings: meiose l en meiose ll

Elke deling bestaan uit hierdie stadiums: profase metafase, anafase en telofase.
Sitokinese verdeel dan die sitoplasma van die sel in twee.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Homoloë Chromosome.

A

Elke sel het twee van elke chromosoom.
Hulle stem ooreen met betrekking tot vorm, posisie en inligting, maar hulle is nie identies nie.

Een chromosoom in elke paar kom een van die moeder en een van die vader.
Chromosome van die moeder en vader kan verskillende weergawes van dieselfde geen dra.
Susterchromatiede kom van dieselfde chromosoom, het DNS gerepliseer en is by die sentromeer verbind.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Die belangrikheid van meiose.

A

Produksie van haploïede gamete

Die halverende effek van meiose voorkom die verdubbelingseffek van bevrugting, dus word die instandhouding van ‘n konstante chromosoomgetal van een generasie na die volgende gehandhaaf.

Meiose bring genetiese variasie teweeg deur oorkruising en die ewekansige rangskikking van chromosome op die ewenaar.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Variasie.

A

Meiose bring verskeidenheid tussen organismes mee as gevolg van:
* oorkruising gedurende profase I
* onreëlmatige/ewekansige plasing van chromosome gedurende
metafase I

Ander oorsake van variasie sluit in:
* geslagtelike voortplanting – uitruiling van gamete
* lukrake bevrugting
* mutasies

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Abnormale meiose.

A

Soms kom foute tydens die proses van meiose voor.

Dit kan tydens Anafase I plaasvind wanneer nie-disjunksie van die homoloë chromosome, tot
afsonderlike chromosome lei. (Nie-disjunksie verwys na die onvermoë van chromosoompare om
tydens meiose te skei)

Dit kan ook tydens Anafase II gebeur wanneer nie-disjunksie van chromosome, tot enkelstring
chromosome (chromatiede) lei.

Indien daar nie-disjunksie van chromosoompaar 21 by die mens voorkom, kan dit lei tot die
vorming van ‘n abnormale gameet met ‘n ekstra kopie van chromosoom 21.

Indien versmelting van ‘n normale gameet (met 23 chromosome) en ‘n abnormale gameet (met ‘n
ekstra kopie van chromosoom 21) plaasvind, kan dit lei tot Downsindroom (47 chromosome in die sigoot in plaas van 46 chromosome).

‘n Persoon met Down-sindroom sal drie chromosome by chromosoompaar 21 in elk van sy/haar somatiese selle hê.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Doel van Mitose en Meiose.

A

Twee tipes seldeling vind in selle plaas.

Mitose is vir groei, herstel en vervanging en Meiose produseer gamete (geslagselle) en maak
generasiewisseling by organismes moontlik.

Vir genetiese diversiteit herkombineer meiose die genetiese materiaal wat elke gameet/geslagsel
(ovum of sperm) ontvang.

Meiose halveer die chromosome wat na die gamete/geslagselle gaan en handhaaf só die chromosoominhoud van die liggaamselle.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Meiose.

A

Meiose vind plaas in die testes en ovariums van mense en diere en in die helmknoppe en saadknoppe van plante.

Meiose is ‘n tipe seldeling waar ‘n diploïede sel(somatiese sel) verdelings ondergaan om haploïede selle (gamete of geslagselle) te vorm, DUS vind plaas tydens die vorming van gamete/geslagselle.

Die dogterselle besit uiteindelik net die helfte van die chromosoomgetal van die moedersel.

Staan ook bekend as reduksiedeling: die nuwe dogterselle besit slegs een stel chromosome (n) in plaas
van 2 stelle (2n) en die dogterselle is nie identies aan die moedersel nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Die gebeure van meiose word gerieflikheidshalwe ingedeel in verskillende fases:

A

Eerste meiotiese deling:
* Chromosoomgetal word gehalveer
* Genetiese materiaal word uitgeruil

Tweede meiotiese deling:
* Verloop soos ‘n gewone mitose
* Dogterchromosome skei
* Tydens die interfase van meiose, repliseer die DNS en die chromosome kry ‘n dubbele geaardheid
* Elke meiotiese deling het dieselfde vier fases as mitose nl. Profase,
Metafase, Anafase en Telofase.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Gebeure tydens interfase:

A
  • DNS/DNA-replisering vind plaas en enkeldraadchromosome word dubbel
  • Elke chromosoom sal nou uit twee chromatiede bestaan wat deur ‘n sentromeer verbind word
  • DNS/DNA-replisering help met die verdubbeling van die genetiese materiaal sodat dit deur die nuwe
    selle wat na seldeling onstaan, gedeel kan word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly