Menslike Voortplanting - Kwartaal 2 Flashcards

(13 cards)

1
Q

Vroulike genitalië.

A

Noodsaaklike organe:
* Twee ovaria
* wat ova/eierselle produseer

Bykomstige organe:
* Fallopius-buise
* Uterus met serviks, vagina, vulva
en melkkliere

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Bou van die ovarium/eierstok.

A

Daar is twee ovaria aan weerskante van die uterus.

Ovaria produseer vroulike gamete/oösiete.

Oösiete kom regdeur ontwikkeling tot
volwassenheid as ova in die ovariale follikels voor.

Corpus luteum is die oorblyfsels van follikels wat gebars het en wat besig is om te disintegreer.

Groot, volwasse ovariale
follikels/Graafse follikels kom voor
as ronde, deurskynende vesikels
van verskillende groottes.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Menstruele siklus.

A

Die menstruele siklus is die maandelikse siklus van veranderinge in die vroulike voortplantingstelsel.

‘n Tipiese menstruele siklus duur ongeveer 28 dae en toon ‘n duidelike ontwikkeling van verskillende stadiums en wisselwerkings.

Die veranderinge sluit in die rypwording van ‘n eier in die ovaria en die voorbereiding van die
uterus om ‘n bevrugte eier te ontvang.

Die vroulike geslagshormone, estrogeen en progesteroon, bou die endometrium op en breek dit
dan af.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Gebeure in die ovariale siklus.

A
  1. Ontwikkeling van die Graafse follikel
  2. Ovulasie
  3. Vorming van die corpus luteum

FSH: stimuleer die ontwikkeling van die primêre follikel na n volwasse Graafse follikel
LH: stimuleer ovulasie - vorming van die corpus luteum.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Gebeure in die uteriene siklus.

A
  • Veranderinge wat in die dikte van die endometrium plaasvind
  • Menstruasie

Uteriene siklus:
1. Estrogeen is verantwoordelik vir die verdikking van die endometrium
2. Progesteroon verdik die endometrium nog verder

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Menstruele siklus.

A

Menstruasie:
- Die bloedvatryke endometrium
breek af, en bloeding vind plaas deur
die vagina.
- Progesteroonvlakke sal daal indien
bevrugting NIE plaasvind nie,
menstruasie sal plaasvind.
- Indien bevrugting WEL plaasvind,
progesteroonvlakke sal hoog bly ,
endometrium sal nie afbreek nie en
menstruasie sal nie plaasvind nie.
Negatiewe terugvoer tussen
progesteroon en FSH:
Indien progesteroonvlakke hoog bly,
sal die hormoon FSH nie vrygestel
word nie, want geen follikel sal
ontwikkel terwyl die vrou swanger is
nie.
Indien progesteroonvlakke daal, sal
FSH-vlakke styg, en nuwe follikels sal
ontwikkel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Beskryf die Menstruele siklus.

A

Beskryf die menstruele siklus (ovariale en uterussiklusse) en hoe dit deur verskillende hormone beïnvloed word.

  • Die menstruele siklus is ‘n reeks gebeure wat in die vroulike liggaam plaasvind om dit vir ‘n moontlike
    swangerskap voor te berei.
  • Die pituïtêre klier/hipofise skei FSH af wat die ontwikkeling van ‘n primêre follikel tot ‘n Graafse follikel in die ovariums stimuleer.
  • Die Graafse follikel skei estrogeen af wat die verdikking van die voering van die uterus/endometrium stimuleer
  • Teen dag 13 skei die pituïtêre klier/hipofise LH af wat ovulasie laat plaasvind
  • Die oorblyfsels van die Graafse follikels ontwikkel in die corpus luteum wat die hormoon progesteroon afskei wat voortgaan om die verdikking van die uteruswand te stimuleer
  • Hoë vlakke van progesteroon inhibeer die produksie van FSH sodat die ovariums nie langer gestimuleer word om ‘n ander follikel te vorm nie (negatiewe terugkopeelingsmeganisme).
  • Indien bevrugting nie plaasvind nie, degenereer die corpus luteum en stop die produksie van progesteroon
  • Die pituïtêre klier/hipofise word nie langer geïnhibeer in sy produksie van FSH nie, en ‘n nuwe follikel ontwikkel.
  • Die dik endometrium word nie langer in stand gehou nie en dit degenereer en word tesame met bloed uitgeskei en menstruasie vind plaas
  • Indien bevrugting plaasvind, hou die corpus luteum aan funksioneer tot die 12de week van swangerskap.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Terme van Bevrugting en ontwikkeling van sigoot tot blastosist.

A

Ovulasie: Die vrystelling van ‘n ryp ovum uit ‘n Graafse follikel.

Bevrugting: Die samesmelting van ‘n spermsel met ‘n ovum om ‘n diploïede sigoot te vorm.

Penetrale ontwikkeling: Die groei en ontwikkeling van die sigoot, embrio en fetus wat voor
geboorte plaasvind.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Bevrugting en ontwikkeling van sigoot tot blastosist.

A

Proses van bevrugting:
Die spermsel(n) en die ovum(n) versmelt om ‘n bevrugte eiersel, sigoot, te vorm.

Wanneer die spermatosoë gedurende kopulasie in die
vagina geplaas word, swem hulle deur die uterus en op in die Fallopiusbuis tot by die sekondêre oösiet (indien ovulasie plaasgevind het).

Die voortbeweging van ‘n sperm geskied hoofsaaklik d.m.v. skroefbewegings van sy stert. Mitochondria verskaf die energie.

Een van die sperms slaag daarin om met hidrolitiese ensieme vanuit die akrosoom deur die follikelselle
(dooiermembraan) te dring.

Nadat die sperm die ovum binnegedring het, word sy stert gewoonlik afgewerp.

Die dooiermembraan is nou ondeurdringbaar vir ander
sperms en word nou die bevrugtingsmembraan
genoem wat bestaan uit dooierproteïene/vitelline.

Die sekondêre oösiet ondergaan nou die tweede meiotiese deling en vorm die 2de poolliggaampie en die eiersel/ovum.
Die manlike nukleus uit die sperm versmelt met die vroulike nukleus van die ovum en vorm ‘n sigoot.
Die sigoot bestaan nou uit 46 chromosome (23+23) en is
dus diploïed.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Ontwikkeling van die sigoot tot embrio.

A

Die sigoot ondergaan mitose.

Om n balletjie selle te vorm =
word ‘n morula genoem.

Wat aanhou om te verdeel
deur mitose.
Om ‘n hol balletjie selle te
vorm = ‘n blastosist genoem.

Beskryf die ontwikkeling van ‘n sigoot totdat inplanting plaasvind:
* Sigoot verdeel deur mitose om ‘n bal selle te vorm bekend as die morula
* Die morula verdeel verder om ‘n hol bal van selle te vorm, bekend as die
blastula.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Dele van die ontwikkelde fetus.

A

Chorion:
*Heel buitenste ekstra-embrioniese membraan wat die embrio omring.
*Tydens implanting groei daar vingeragtige uitgroeisels van die trofoblast, bekend as
chroniese villi, rondom die blastosist.
*Meeste van die villi verdwyn weer, maar waar die chorine aan die uteruswand vasheg,
vergroot die villi en word meer bloedvatryk om die plasenta te vorm.

Plasenta:
*Die endometrium vorm groot bloedruimtes (sinuses) wat dit sponsagtig laat vertoon. Die
villi van die chorion groei tot binne-in die bloedgevulde sinuses van die moederlike weefsel
en word dus omspoel deur moederlike bloed.
*Hierdie tydelike bloedvatryke weefsel wat uit sowel moederlike weefsel as
embrionale weefsel (villi) bestaan, staan bekend as die plasenta.
*Die moederlike en fetus bloed is in noue aanraking met mekaar, maar vermeng nooit. Daar
vind wel ‘n oordrag van stowwe deur diffusie plaas, deur die dunwandige membrane wat
die moederlike en fetale bloed skei.

Naelstring:
*Die fetus is met ‘n naelstring aan die plasenta verbind. Die naelstring bestaan uit twee arteries
(slagare) en een vene (aar) wat met bindweefsel omsluit is.
*Die naelstring verrig die volgende funksie:
→ Die twee naelstingarteries dra gedeoksigeneerde bloed en afvalstowwe vanaf die fetus
na die plasenta.
→ Die naelstringvene dra geoksigineerde bloed ryk aan voedingstowwe vanaf die plasenta
na die fetus.

Amnion:
*‘n Taai membraan aan die binnekant van die chorion.
*Die amnion omsluit die amnionruimte, wat gevul is met amnionvloeistof wat hoofsaaklik uit
water, asook afgewerpte selle van die fetus, afvalprodukte en mikroörganismes, bestaan
*Die amnionvloeistof verrig die volgende funksies:
→ Verskaf die waterige medium waarin die fetus vrylik kan beweeg en ontwikkel.
→ Dit beskerm die fetus teen skokke, uitdroging (dehidrasie) en temperatuurwisseling.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Plasenta.

A

Die plasenta verrig die volgende funksies:

→ Voeding van die embrio: Opgeloste voedingstowwe, soos glukose, aminosure, vetsure, opgeloste mineraalsoute, water en vitamiene, word vanaf die plasenta deur die naelstring na die fetus vervoer.

→ Uitskeiding: Metaboliese afvalstowwe, soos ureum, word vanaf die fetus deur die naelstring
na die plasenta vervoer.

→ Gaswisseling: Suurstof word vanaf die plasenta na die fetus vervoer en koolstofdioksied vanaf die fetus na die plasenta.

→ Tree op as ‘n mikrofilter: Die plasenta verhoed dat patogene organismes na die bloed van
die fetus deurdring. Teenliggaampies in die moederlike bloed word egter wel deurgelaat en verleen passiewe immuniteit aan die fetus. Patogene, bv. dié wat Duitse masels veroorsaak en die MI-virus, kan egter deur die versperring van die plasenta dring en die fetus infekteer.

→ Endokriene funksie: Na die 12de week van swangerskap neem die plasenta die funksie van die corpus luteum oor. Dit skei estrogeen en groot hoeveelhede progesteroon af wat die aftakeling van die endometriumwand verhoed en die swangerskap in stand hou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Voorkoming van swangerskap.

A

Voorbehoeding is die proses om swangerskap te bestuur.

moderne voorkomingsmetodes:

versperringsmetodes: fisiese versperrings wat verhoed dat sperma in die vroulike voortplantingskanaal inbeweeg.

intra-uteriene metodes: toestelle wat in die uterus geplaas word.

hormonale metodes: gebruik kombinasies van sintetiese estrogeen en progestien.

chirurgiese metodes: maak dit permanent onmoontlik vir swangerskap.
vasektomie by mans - spermbuise word geknip en afgebind.
buisafbinding by vroue - eierleiers word geknip en afgebind.
histerektomie by vrouens - uterus en/of ovaria word verwyder.

noodkontrsepsie: word gebruik om swangerskap na verkragting of onbeskermde geslagsomgang te voorkom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly