RNS - Kwartaal 2 Flashcards

(7 cards)

1
Q

Ribonukleïensuur (RNS).

A

RNS speel n sentrale rol in geenuitdrukking.
Geeniuitdrukking is die proses waardeur die DNS-volgorde van n geen gebruik word om proteïensintese te beheer.

Bestaan uit nukleotiede genaamd:
Suikermolekule = Ribose (R)
Fosfaatgroep (P) en
Stiksotofbasisse (N):
adenien (A)
guanien (G)
sitosien (C)
urasiel (U)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Verskille tussen RNS en DNS.

A

DNS - Deoksiribonukleïensuur
1. dubbele heliks
2. suikergroep - deoksiribose
3. basisse: adenien, guanien, sitosien, timien
4. geleë in nukleus en ekstranukleêre
DNS in chloroplaste en mitochondrion
5. in die vorm van chromatien
6. redelik stabiele molekule

RNS - Ribonukleïensuur
1. enkele string
2. suikergroep - ribose
3. basisse: adenien, guanien, sitosien, urasiel
4. geleë in die nukleus en die sitoplasma
5. in die vorm van mRNS, tRNS en rRNS
6. onstabiele molekule wat maklik degradeer

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Verskillende soorte RNS.

A

boodskapper RNS (mRNA):
enkele string
opgebou in die kernplasma van DNA as templaat
elke groep van 3 opeenvolgende basisse is bekend as ‘n kodon
bring kode vir die opbou van
proteïene vanaf DNA in selkern na ribosome

oordrag RNS (tRNA):
enkele string, teruggevou op
homself soos ‘n haarnaald
en vorm lusse
opgebou in die kernplasma
op een van gevoude lusse is
3 blootgestelde basisse = antikodon
pik aminosure op uit aminosuurpoel en bring dit na ribosome

ribosomale RNS (rRNA):
geen bepaalde vorm
opgebou in die nukleolus
belangrike strukturele komponent van ribosome

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Die Struktuur van RNS.

A

Die fosfaatgroep is gebind aan die ribose suiker en die stikstofbasis is aan die suiker ribose geheg.

Stikstofbasisse by RNA/RNS is in getalle van drie gerangskik nl.
kodons op mRNA/bRNS en antikodons op tRNA/oRNS.

tRNA/oRNS het ‘n haarnaald struktuur.

tRNA/oRNS het ‘n plek van aanhegting vir ‘n aminosuur.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Proteïensintese.

A

Proteïensintese is die proses waardeur proteïene soos ensieme en hormone in plant-en dierselle
geproduseer word.

DNS dra die genetiese informasie of kode vir die volgorde van aminosure om ‘n proteïen te maak. = Ons kan dus sê DNS in die nukleus verskaf die genetiese kode vir die soort aminosure en die volgorde waarin die aminosure moet verbind in ‘n proteïen.

Die proses van proteïensintese vind in twee hoofstappe plaas:
transkripsie
translasie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Transkripsie.

A

Transkripsie beteken letterlik “om oor te skryf” of “oor te dra”.

By proteïensintese is dit die opbou van bRNS/mRNA vanaf die DNS-templaat om die kode vir proteïensintese te kopieer.

  1. Die dubbele heliks DNS draai af.
    Die dubbele stringe van DNS rits los en swak waterstofbindings
    breek.
    Twee aparte stringe word gevorm.
  2. Een string dien as templaat om b-RNS/mRNA te vorm
    Vrye RNS-nukleotiede van die nukleoplasma word gebruik.
    Die b-RNS/mRNA is ‘n komplement van die DNA.

3.
b-RNS/mRNA bevat nou die gekodeerde boodskap vir proteïensintese.
b-RNS/mRNA beweeg vanaf die selkern tot in die sitoplasma en heg
aan die ribosoom vas.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Translasie.

A

Translasie beteken letterlik “om iets van een vorm na ‘n ander te verander”.

By proteïensintese is dit die verwerking van die kode wat in bRNS/mRNA opgesluit is tot ‘n aminosuur-volgorde wat ‘n bepaalde proteïen vorm.

  1. Elke o-RNS/tRNA dra ‘n spesifieke aminosuur.
    Die antikodon op die o-RNS/tRNA pas by die kodon van die b-RNS/mRNA pas

5.
o-RNS/tRNA bring die aminosuur wat benodig word, na die ribosoom.

6.
Aminosure word aan mekaar verbind deur peptiedbindings om die proteïen wat benodig word, te vorm.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly