Voortplanting in Vertberate - Kwartaal 2 Flashcards

(8 cards)

1
Q

Inwendige bevrugting.

A

Kom meestal by landdiere voor.

Vind plaas binne in die vroulike
liggaam.

Soogdiere, werweldiere en
sommige ongewerwelde diere
gebruik inwendige bevrugting
om vermorsing van gamete te
voorkom en beter beskerming
te bied.

Minder gamete word geproduseer.
Minder energie word gebruik om ‘n
kleiner hoeveelheid gamete te
produseer.

Minder nakomelinge word
geproduseer.

By voëls en sommige visse is
bevrugting deels inwendig
en vind dit in die kloaak
plaas. Eiers word met ‘n
beskermende dop bedek as
dit buite water gelê word.

Ouersorg kom meestal voor, wat
verseker dat die meeste nakomelinge
oorleef.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Uitwendige bevrugting.

A

Bevrugting is die samesmelting van die nukleï van ‘n spermsel en ‘n eiersel om ‘n sigoot te
vorm. Dit kan binne of buite die liggaam gebeur. Bevrugting moet plaasvind sodat die spesie
kan oorleef.

Vind meestal in
wateromgewings plaas bv.
visse en amfibieë.

Organismes laat eenvoudig hul
gamete (spermselle en
eierselle) in die water vry.

Baie gamete word
geproduseer om bevrugting te
verseker. Meer energie word
gebruik om ‘n groot aantal
gamete te produseer.

Vind plaas buite die
vroulike liggaam.

Die eiers word deur hitte
uitgebroei en ouersorg is meestal
nie teenwoordig nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Ovipaar.

A
  • Beteken dat ‘n dier eierlêend is.
  • Inwendige of uitwendige bevrugting
    vind plaas.
  • Groot aantal gamete word geproduseer
    wat baie energie benodig.
  • Die embrio ontwikkel dus binne die eier
    buite die dier se liggaam.
  • Dooier binne die eier voorsien die embrio
    van die nodige voedsel vir ontwikkeling.
  • Ouersorg kom soms voor.
  • Bv. Amfibieë, visse, reptiele en voëls.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Vivipaar.

A
  • Beteken lewendbarend.
  • Inwendige bevrugting.
  • Wyfie produseer minder
    gamete, wat minder
    energie benodig.
  • Die embrio ontwikkel binne-
    in die wyfie se uterus.
  • Die plasenta, waardeur die
    embrio aan die uteruswand
    vasgeheg is, voorsien al die
    nodige voedingstowwe aan
    die ontwikkelde embrio en
    die kleintjies word dus
    lewend gebore.
  • Ouers kom meestal voor.
  • Bv. soogdiere, sommige
    reptiele en sommige
    visspesies (guppy).
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Ovovivipaar.

A
  • Beteken eierlewendbarend.
  • Inwendige bevrugting.
  • Wyfie produseer minder eiers, wat
    minder energie benodig.
  • Die wyfie hou die bevrugte eiers
    binne-in die eierleier totdat die
    kleintjies volledig ontwikkel is en
    gereed is om uitgebroei te word.
  • Dooier binne die eier voorsien die
    embrio van die nodige
    voedingstowwe vir ontwikkeling.
  • Bv. sommige slange soos
    pofadder, Kaapse
    verkleurmannetjie en sommige
    akkedisse.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Ontwikkeling van organisme.

A

Die hoeveelheid dooier wat ‘n eier bevat, bepaal hoe ontwikkeld ‘n embrio is by geboorte of uitbroeiing.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Prekosiale (vroegselfstandige)
ontwikkeling.

A
  • Eiers bevat ongeveer 40% dooier
  • Broei uit met oop oë
  • Liggame is bedek met vere/dons/pels
  • Verlaat die nes binne 2 dae
  • Die meeste energie word gebruik vir
    voorgeboortelike ontwikkeling
  • Volg ouers en leer direk na geboorte
    hoe om te eet
  • Is meer selfstandig en minder
    blootgestel aan predasie
  • Bv. eende, hoenders, wilde voëls,
    hoefdiere – bokke, kameelperde,
    sebras, beeste
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Altrisiële ontwikkeling.

A
  • Eiers bevat ongeveer 25% dooier
  • Broei uit met toe oë
  • Min of geen vere/dons/pels
  • Kan nie die nes na geboorte verlaat tot
    onafhanklik nie
  • Word deur ouers gevoer tot onafhanklik
    is
  • Baie meer blootgestel aan predasie
    deur roofdiere
  • Bv. duiwe, arende, uile, mossies,
    buideldiere (kangaroes), knaagdiere
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly