NWT KW1 Flashcards
(50 cards)
Beskryf wat jy verstaan onder biosfeer
Dit is die Aarde se oppervlak en atmosfeer wat bewoon word deur lewende en nie-lewende dinge binne die 3 lae van die biosfeer
Die Biosfeer bestaan uit 3 sfere: H.A.L. 1. Hidrosfeer: water soos oseane, mere, damme en riviere
2, Atmosfeer: gasse ( suurstof, stiksof en koolstofdioksied) 3, Litosfeer: grond en klippe
Noem die 2 klasse waarin Dierklasse verdeel word
Gewerweldes (Chordata /vertebrate)
Ongewerweldes (invertebrata)
Noem die 2 klasse waarin plante verdeel word?
Plante sonder sade (mos en varings) Plante met sade (Gimno- en Angiosperme)
Noem die 2 klasse waarin plante met sade verdeel word?
Blomplante (Mono- en dikotiel)
en
Keëldraende (Gimnosperm) plante
Hoe word dooie plantmateriaal gevorm?
> dit word gevorm deur bakterië wat dit omskep in verotte plantmateriaal
en lewende plante gebuik dit vir kos
dit is deel van die biosfeer
Gee 4 voorbeelde van lewende dinge in die biosfeer
Mense
diere
plante
mikro organismes (bakterieë, swamme en alge)
Gee 6 voorbeelde van nie-lewende dinge in `n ekostelsel of die biosfeer.
Sonlig of skaduwee
lug (wind)
Grond (klippe en rotse)
water
helling (steil of effense helling)
temperatuur
Noem 5 dinge wat lewende organismes benodig? Vereistes vir die volhouding van lewe.
1, Energie
2, water
3, Gunstige temperature om te oorleef
4, Gasse
5, Grond
Hoekom is plante belangrik vir Diere in die biosfeer?
hulle verskaf:
skuiling
energie en suurstof
`n veilige plek vir die grootmaak van kleintjies.
Hoekom is diere belangrik vir plante?
Hulle vervoer stuifmeel van blomme asook sade deur hul mis of wat kleef aan hul liggaam.
Wat is akwatiese diere?
diere wat leef in water
Wat is terrestriele diere?
diere op land
Noem die 7 lewensprosesse in elke lewende ding (plant en dier)
Voeding
Asemhaling
Groei
Beweging
Uitskeiding
Voortplanting
Sintuie
Wat is Fotosintese?
> Foto-sin-tese is die proses in plante waardeur plante hul eie voedsel maak.
Plante is voedselfabrieke.
Wat is die groen kleurpigment in blare?
chlorofil wat belangrik is in fotosintese, want dit vind net plaas in die groen dele van ‘n plant.
Wat gebeur tydens fotosintese?
> Tydens fotosintese word ligenergie
omskep in chemiese energie in die groen blaar gedeeltes van die plant.
omdat fotosintese plaasvind kry ons 2 produkte:
glukose suiker as energiebron
Suurstof (O₂) as ‘n afval produk
Ons het almal as n enkelsel begin →
n bevrugte eiersel. Tydens watter lewensproses?
Groei
Noem die lewensproses waartydens energieproduksie plaasvind?
Respirasie / asemhaling
Wat is respirasie (energieproduksie)?
sodra energie in die suikermolekules vrygestel word.
Elke lewende sel het `n “kragstasie” binne -in wat noem ons dit?
die Mitochondrion
Tydens watter lewensproses beskerm plante (vou toe) en diere( hardloop weg) hulself
Beweging
`n ander naam vir plante
vervaardigers, kry kos vanaf ¹die grond (minerale, soute en water) en ²verrotte organiese materiaal asook energie van die son.
`n ander naam vir diere
verbruikers, kry kos vanaf ¹plante of ² ander diere te eet = karnivoor
Gee `n ander naam vir Soogdiere.
Mammalia