LV KW1 Flashcards
(38 cards)
Wat is selfbeeld?
die manier hoe jy jouself beskryf
en hoe jy jouself sien.
Hoe beinvloed jou selfbeeld jou welstand?
Fisiek
Verstandelik
Sosiaal
Emosioneel
Geestelik
Kan jy jou selfbeeld verander?
Ja, Deur te leer:
om `n meer gesonder en realistiese siening oor jouself te hê
en om jouself te aanvaar en lief te hê.
Hoekom is jou selfbeeld belangrik?
Dit beinvloed:
hoe jy sal optree teenoor ander mense
en wat jy met jou lewe doen.
Gee `n ander woord vir selfrespek
Selfagting
Wanneer is mense se Selfagting positief?
1, hulle geniet die lewe meer
2, hulle bou goeie verhoudings
3, en kan foute en telleurstellings oorkom.
Wanneer is mense se selfagting negatief?
1, is onseker oor hulself en wat hul kan vermag
2, Hulle probeer nie iets nie
Watter strategie sal jy aanwend om iemand se selfbeeld te verbeter?
Deur n persoon te respekteer:
om
n goeie mening oor iemand
se persoonlikheid of idees te hê.
maak nie saak wat hul
geloof
geslag
ras
ouderdom
of kultuur is nie
> Suid-Afrika se het diversiteit:
Verskeie soorte kulture en kultuurgroepe
Noem die stappe om jou selfbeeld te verbeter?
1, Hou op om negatiewe gedagtes oor jouself te hê.
2, Foute is geleenthede om van te leer.
3, Probeer nuwe dinge.
4, Herken wat jy kan en nie kan verander nie.
5, Stel doelwitte
6. Wees trots op jou menings en idees. 7. Lewer ‘n bydrae
8, Oefen !
Hoekom sal iemand `n vaardigheid hê?
> omdat jy geleer en geoefen het kan jy iets goed doen
Byvoorbeeld:
bal vang
Het jy die vermoë om goed mondeling te kan praat, hoekom?
Ja, wat dit is om die kennis, vaardigheid en krag te hê om iets goed te doen.
Wanneer het ‘n persoon potensiaal?
wanneer jy iets kan doen
omdat jy jou belangstellings en vermoëns gebruik
Hoe sal jy “belangstelling” beskryf?
Dit is die dinge wat jy geniet om te doen en jy sal altyd nuuskierig wees daaroor en meer daaroor wil uitvind.
Noem die 2 geslags hormone wat tydens puberteit ‘n rol speel in ontwikkeling van die liggaam?
Testosteroon (manlik)
Estrogeen (vroulik)
Wat is hormone?
hormone is `n chemiese stof wat deur die liggaam vervaardig word.
Wat is puberteit?
n proses van fisieke verandering
waardeur
n kinderliggaam
tot `n volwasse liggaam ontwikkel.
Hoe verander jou liggaam tydens puberteit?
seuns:
seuns se stemme breek en raak diep
hul kry ‘n baard
seuns kry puisies
Meisies:
heupe raak groter
borste raak groter
sit gewig aan
Watter 2 hormone laat begin puberteit?
Seuns: Testosteroon
Meisies: Estrogeen
Wat is die 2 groot veranderinge tydens Puberteit?
Fisieke (liggaamlike) en Emosionele veranderinge
Noem 4 emosionele verandering in Puberteit?
Jy is bekommerd oor jou lyf verander.
Jy dink anders.
Maats speel ‘n groter rol as jou ouers.
tieners ervaar verwarde emosies.
Wat noem ons die tyd tussen kinderjare en volwassenheid?
Adolessensie
Wat is respek?
Om ander te hanteer soos jyself gehanteer wil wees, maak nie saak wat hul ras, geslag of geloof is nie.
Hoe wys ek respek?
1, moenie spot met ander nie 2, Luister wanneer ander praat 3, Moenie skinder nie 4, Neem ander se gevoelens in ag 5, Moenie iemand dwing om iets te doen wat hy nie wil nie.
Wat is selfaanvaarding?
Jy aanvaar jy het goeie en slegte punte en jy waardeer jouself