Die deelnemers in die sirkulere vloei van ‘n geslote ekonomie (Onderwerp 5) Flashcards
(5 cards)
Die deelnemers in die sirkulere vloei
- Huishoudings
- Besighede
- Die regering
- Die goedere en dienste mark
- Die faktor mark
Huishoudings: (Die belangrikste deelnamer)
Huishoudings bestee al die inkomste wat hulle verdien aan goedere en dienste- hulle spaar niks geld nie.
Huishoudings koop al die goedere en dienste wat besighede produseer
* Gebruik inkomste wat hulle verdien om goedere en dienste van die goedere en diesnte mark te verbruik; produseer produksiefaktore vir die faktormark.
Besighede:
- Verbruik produksiefaktore op die faktormark; produseer goedere en dienste vir die goedere en dienstemark.
Die regering:
- Versamel geld van huishoudings en besighede deur middel van belasting; produseer goedere en dienste vir huishoudings en besighede om te koop.
Die faktormark:
- Waar huishoudings produksiefaktore aan besighede en die regering verkoop.