Prysteorie (Onderwerp 8) Flashcards
(8 cards)
Vraag
Die hoeveelheid goedere wat ‘n verbruiker wil koop of die hoeveelheid dienste waarvan hy gebruik wil maak wanner die goedere of dienste teen ‘n spesifieke prys beskikbaar is.
Die wet van vraag:
‘n Wet in ekonomie wat sê dat verbruikers meer van ‘n artikel koop of meer van n diens gebruik maak wanneer die artikel of diens se prys daal en minder van ‘n artikel koop of minder van ‘n diens gebruik maak as die prys styg; as die aanbod van ‘n artikel of ‘n diens nie verander nie, styg die prys as die vraag toeneem, en daal die prys as die vraag afneem.
Vraagkurwe:
‘n Grafiek wat aandui hoe die vraag vir ‘n artikel of diens en die prys daarvan verwant is
Faktore wat die vraag beinvloed:
Nuwe tegnologie
Prys
Inkomstevlakke
Mededinging
Verbruikers se verwagtinge oor produkte en dienste
Veranderinge in klante se voorkeure
Verandering in ‘n land se bevolking
Die aard van ‘n produk of diens
Aanbod:
Die hoeveelheid van ‘n artikel of diens wat vir verbruikers beskikbaar is om te koop of van gebruik te maak.
Die wet van aanbod:
‘n Wet wat sê dat as die vraag dieselfde bly, die prys sal daal wanneer die aanbod van ‘n artikel of diens toeneem, en dat die prys sal styg wanneer die aanbod van ‘n artikel of diens daal.
Aanbodkurrwe:
‘n Grafiek wat toon hoe die aanbod van ‘n artikel of diens en sy prys verband hou.
Faktore wat aanbod beinvloed:
Natuurrampe
Nuwe produksietegnologie
Regeringsregulasies
Die koste van produkste-insette
Produsente se verwagtinge oor produkte en dienste
Die prys van goedere wat verband hou met ‘n spesifiekte produk