Jun eksamen - direkte en indirekte rede Flashcards
(6 cards)
1
Q
Direkte rede
A
In die direkte rede word die presiese woorde wat iemand gesê het, neergeskryf.
- Dubbelpunt kom voor, voor die direkte woorde.
- Die direkte woorde het aanhalingstekens voor en agter dit.
- Eerste letter van die aanhaling met ‘n hoofletter.
- Gebruik hoofletters en vraagtekens soos nodig.
2
Q
Indirekte rede
A
Die indirekte rede vind plaas wanneer iemand op ‘n ander tyd en ‘n ander plek wil weet wat die persoon gesê het of hulle woorde oorvertel.
- Geen dubbelpunt of aanhalingstekens word gebruik nie.
- Geen vraagteken of uitroepteken nie.
3
Q
Skryf die sin oor in direkte rede
Mamma sê dat ek my veters moet vasmaak.
A
Mamma sê: “Jy moet jou veters vasmaak.”
4
Q
Skryf die sin oor in indirekte rede
Pieter sê: “Ek sal my huiswerk doen.”
A
Pieter sê dat hy sy huiswerk sal doen.
5
Q
Skryf die sin oor in direkte rede
Oupa vra waar sy pantoffels is.
A
Oupa vra: “Waar is my pantoffels?”
6
Q
Skryf die sin oor in indirekte rede
Juffrou sê: “Doen nou jou werk!”
A
Juffrou het ons beveel om ons werk te doen.