Jun eksamen - voornaamwoorde Flashcards
(15 cards)
Persoonlike voornaamwoord
- Kan as onderwerp of as voorwerp in ‘n sin voorkom
- Kan eiename en selfstandige naamwoorde wat persone aandui vervang
Voorbeeld: - Hy roep na hom.
- Hulle loop oor die straat.
- Julle, ons, u, ek, jy, hy, sy
Onpersoonlike voornaamwoord
Dit en Daar
Voorbeelde:
* Dit is warm buite.
* Daar word beweer dat dit gaan sneeu.
Vraende voornaamwoord
Voornaamwoorde wat vraag woorde is
Wie, watter, wat, wanneer, wie se, waarom, hoe, hoekom
Wie het die venster gebreek?
Wat is in die boks?
Aanwysende voornaamwoord
Voornaamwoorde wat verwys na iets in die besonder
Hierdie, daardie, dié
Betreklike voornaamwoorde
Voornaamwoorde wat byvoeglike bysinne inlei.
wat, waarop, waarmee, wie, wie se
Die man wat die motor bestuur het, is my oom.
Besitlike voornaamwoord
Voornaamwoorde wat besitting of eienaarskap aandui.
jou, ons, haar, u, hare, myne, joune, syne, ons s’n
Identifiseer die voornaamwoorde:
Die bed waarop my oupa lê, is baie hoog.
Betreklike voornaamwoord
Identifiseer die voornaamwoord
Charlize, jy is my beste vriendin.
Persoonlike voornaamwoord
Identifiseer die voornaamwoord
Jacques, in watter klas het jy die juffrou se tas gesit?
Vraende voornaamwoord
Identifiseer die voornaamwoord
Daardie rooi fiets is myne.
Besitlike voornaamwoord
Identifiseer die voornaamwoord
Daardie hond blaf baie hard.
Aanwysende voornaamwoord
Verskaf die voornaamwoord
wat + aan
waaraan
Verskaf die voornaamwoord
aan + dit
daaraan
Verskaf die voornaamwoord
na + dit + toe
daarnatoe
Verskaf die voornaamwoord
wat + oor
waaroor