Genetika - Kwartaal 2 Flashcards
(12 cards)
Genetika.
Die studie van oorerwing en
variasie in lewende organismes.
Selektiewe Teling.
Behels dat ouers met gewenste kenmerke gekies word om met mekaar te teel sodat hulle nakomelinge met die gewenste kenmerke voortbring.
Wet van Dominansie.
Wanneer twee organismes met verskillende eienskappe gekruis word sal al die individue van die F1 generasie die dominante eienskap vertoon.
*Volledige dominansie – een alleel is dominant en die ander is resessief,
in so ‘n mate dat die resessiewe alleel deur die dominante alleel in die
heterosigotiese toestand verberg word.
* Onvolledige dominansie – geeneen van die twee allele van ‘n geen is
dominant oor die ander nie, wat ‘n intermediêre fenotipe in die
heterosigotiese toestand tot gevolg het.
* Ko-dominansie – beide allele van ‘n geen is ewe dominant en beide
allele kom in die fenotipe in die heterosigotiese toestand voor.
Monohibriedkruising.
‘n Kruising waar net een erflike eienskap op ‘n slag ondersoek word.
Dihibriedkruising.
‘n Genetiese kruising wat twee kenmerke betrek.
Die gene wat die 2 eienskappe beheer, word onafhanklik oorgeërf.
Geslagsbepaling.
22 pare chromosome by mense is outosome en een paar chromosome is geslagschromosome /gonosome.
Die helfte van die spermselle by mans sal 22 + ‘n X chromosoom hê, en die ander helfte sal 22 + ‘n Y chromosoom hê. Daar is ‘n 50% kans dat die sigoot manlik of vroulik kan wees, afhangende van watter spermsel die ovum bereik.
Kariotipe: is die getal, vorm en rangskikking van al die chromosome in die selkern/nukleus van ‘n somatiese sel.
Waarom die geslag van n kind bepaal word deur die manlike gameet.
Normale mans het een X en een Y chromosoom.
Normale vrouens het twee X chromosome.
Die vrou voorsien altyd die X chromosoom in die ovum.
As ‘n ovum bevrug word deur ‘n X draende sperm word ‘n dogtertjie gevorm.
As ‘n ovum deur ‘n Y-sperm bevrug word
word ‘n seuntjie gevorm.
Geslagsgekoppelde oorerflikheid.
Geslagsgekoppelde kenmerk: kenmerke wat op die geslagschromosome gedra word.
Sekere geslagsgekoppelde genetiese afwykings word op die alleel, wat slegs op die X chromosoom voorkom, gedra.
-hemofilie
-kleurblindheid
Kleurblindheid.
Kleurblindheid is ‘n visuele afwyking waar daar nie tussen sekere kleure onderskei kan word nie.
Die alleel vir kleurblindheid is resessief en word op die X-chromosoom gedra.
Daar kan nie tussen die kleure rooi en groen onderskei word nie weens die afwesigheid van die proteïene wat die rooi of groen keëltjies/ fotoreseptore in die oog opmaak.
Hemofilie.
Hemofilie is die onvermoë van die bloed om te stol as gevolg van die gebrek aan ‘n bloedstollingsfaktor.
Die alleel vir hemofilie is resessief en word op die X-chromosoom gedra.
Afwesigheid van die proteïen wat benodig word vir die stolling van bloed as gevolg van ’n mutante geen.
‘n Hemofiliese vrou trou met ‘n man sonder hemofilie. Verduidelik waarom al hul seuns hemofilies sal wees.
- ‘n Persoon erf een alleel van elke ouer oor.
- Die Y-chromosoom is van die vader oorgeërf
- en die resessiewe alleel / Xh is van die moeder oorgeërf aangesien die
moeder twee resessiewe allele het / Xh Xh. - ‘n Seun hoef net een resessiewe allel te kry om hemofilies te wees,
aangesien die - Y-chromosoom geen allele bevat om die effek van hemofilie-alleel te
verberg nie.
Waarom vrouens ‘n kleiner kans het om aan hemofilie te ly.
- Hemofilie word veroorsaak deur ‘n resessiewe alleel en dit
- word op die X-chromosoom gedra.
- Vrouens het twee X-chromosome/ Mans het net een X-chromosoom.
- Vrouens moet twee kopieë van die resessiewe alleel oorerf,
- vrouens wat slegs een van die resessiewe allele oorerf, is steeds nie-lyers.