Reaksie op die Omgewing by Mense - Kwartaal 2 Flashcards
(12 cards)
Menslike senuweestelsel.
Vir organismes om in ‘n veranderende omgewing te kan oorleef, is dit noodsaaklik dat hulle in staat sal wees om stimuli waar te neem en daarop te reageer.
Die senuweestelsel en endokriene stelsel is belangrike kommunikastelsels wat die aktiwiteite van die liggaamselle, weefsels, organe en die organisme koördineer, integreer en uitvoer om te help om ‘n konstante inwendige balans te handhaaf terwyl daar op die inwendige en uitwendige veranderinge in die omgewing gereageer word.
Menslike senuweestelsel: Reaksie op
stimuli in die omgewing
Senuweestelsel en sintuigorgane speel ‘n belangrike rol om stimuli waar te neem, inligting in te samel en vinnig op veranderinge te reageer om ‘n konstante toestand te handhaaf.
Die senuweestelsel het 5 hooffunksies:
- versamel inligting mbv die sintuie
- dra inligting na brein en liggaamsorgane oor
- verwerk inligting
- formuleer ‘n reaksie op stimuli
- stuur inligting terug deur die netwerk na effektororgane (spiere, kliere) om die reaksie uit te voer
Die menslike senuweestelsel bestaan uit 3
interaktiewe stelsels:
* Sentrale senuweestelsel
* Perifere senuweestelsel
* Outonome senuweestelsel
Sentrale senuweestelsel (SSS)
Bestaan uit:
* Brein
* Rugmurg
Hele SSS is omring met ‘n stelsel membrane, die meninges, wat dit beskerm.
Meninges beskerm die brein en voorkom wrywing tydens beweging en breinaktiwiteit.
Serebrospinale vloeistof kom tussen die meninges voor.
Verskaf beskerming teen skok, help om eweredige druk in en om die brein en rugmurg te handhaaf en hou senuweeweefsel klam.
Die brein:
* word omsluit deur die skedel = beskerm teen beserings
* groot serebrum
* kleiner, ronde serebellum
* breinstam = medulla oblongata
= pons / pons Varolii
Rugmurg.
Die rugmurg bestaan uit:
* ‘n sentrale kanaal wat gevul is met serebrospinale vloeistof
* grysstof en witstof
Funksies van die rugmurg:
* Voorsien ‘n geleidingsbaan vir senuwee-impulse na en van die brein
* Die rugmurg dien as sentrum vir refleksaksies
Perifere senuweestelsel.
Die perifere senuweestelsel sluit al die senuweeweefsel
in wat buite die sentrale senuweestelsel geleë is.
- 12 pare kraniale senuwees
- 31 paar rugmurg- senuwees.
Dit is onderverdeel in die somatiese senuweestelsel en die outonome senuweestelsel.
Dit bestaan uit sensoriese senuwees en motoriese senuwees.
Somatiese senuweestelsel gelei senuwee-impulse vanaf die sentrale senuweestelsel na die willekeurige spiere en beheer willekeurige aksies, bv. hardloop ens.
Outonome senuweestelsel gelei senuwee-impulse vanaf die sentrale senuweestelsel na die onwillekeurige spiere en kliere en beheer onwillekeurige aksies, bv. nies, oogknip, tempo van hartklop, asemhaling ens.
Funksies van die perifere senuweestelsel:
*Gelei impulse vanaf die reseptore na die sentrale
senuweestelsel
*Gelei impulse vanaf die sentrale senuweestelsel na
die effektore
Die outonome senuweestelsel het twee onderafdelings, dit is die simpatiese en die parasimpatiese afdelings.
Simpatiese afdeling berei die liggaam voor op ‘n noodtoestand.
Parasimpatiese afdeling laat die liggaam na normaal terugkeer.
Simpatiese afdeling:
versnel hartkloptempo
verwyd pupille
verhoog bloeddruk
Parasimpatiese afdeling:
laat hartkloptempo afneem
vernou pupille
verlaag bloeddruk
Bou en funksionering van ‘n senuwee.
Senuwees stuur en dra seine na en van alle dele van die liggaam en bestaan uit neurone (sensories en motories).
Neurone is die strukturele eenhede van die senuweestelsel.
Neurone is gespesialiseerde selle wat die brein en rugmurg met al die ander dele van die liggaam verbind.
Bou van ‘n neuron.
‘n Neuron het ‘n selligaam wat uit sitoplasma en ‘n selkern bestaan.
Die sitoplasma bevat korrels, die Nissl - korrels, wat ryk is aan RNA/RNS en wat betrokke is by proteïen- sintese. Dit beheer ook die metabolisme van die sel.
Twee tipes uitlopers ontspring vanuit die selliggaam nl. dendriete en
aksone.
Dendriete gelei senuwee-impulse
na die selliggaam.
Aksone gelei senuwee-impulse
weg van die selliggaam.
Die miëlienskede isoleer senuweevesels (askon) en versnel die geleiding van senuwee-impulse; die miëlienskede word omsluit deur ‘n membraan die neurilemma, wat help om beskadigde neurone te herstel.
Meeste van die senuweeweefsel buite die sentrale senuweestelsel word omsluit deur ‘n miëlienskede wat deur selle, die Schwannselle, gevorm word.
Vergelyking tussen Sensoriese en Motoriese Neurone.
Sensoriese Neurone:
vervoer impulse vanaf die reseptore na die SSS.
afferente neurone.
selligaam het slegs een of twee uitlopers - n dendriet en n akson.
is monopolêre en bipolêre neurone.
Motoriese Neurone:
vervoer impulse vanaf die SSS na die effektore in die liggaam.
efferente neurone.
selliggaam het talle uitlpers -dendriete en n akson.
is multipolêre neurone.
Senuweefsel.
Bestaan uit basiese seleenhede genaamd neurone en steunselle genaamd neurogliaalselle.
Neuroglia is beskermende en ondersteunende strukture.
Neurone word op grond van hulle funksies in drie groepe verdeel:
sensoriese neurone (afferente): ontvang inligting en stuur impulse na die rugmurg en brein.
motoriese neurone (efferente): gelei impulse vanaf die rugmurg en brein na die spiere en kliere.
interneurone (verbindingsneurone): word in die hele brein en rugmurg aangetref en dra impulse vanaf die sensoriese neurone na die motoriese neurone.
Funksies van die Senuweefsel.
om stimuli in die inwendige en uitwendige omgewing waar te neem.
impulse vanaf die sentrale senustelsel na die effektororgaan oor te dra.
impulse na die onwillikeurige spiere en kliere oor te dra.
Onderskei tussen ‘n refleksaksie en refleksboog.
Refleksaksie: ‘n vinnige, outomatiese reaksie op ‘n stimulus en betrek nie die brein nie. Beskerm die liggaam teen beserings, bv. oogknip.
Refleksboog: die pad waarlangs senuwee-impulse beweeg om ‘n reaksie op ‘n stimulus teweeg te bring tydens ‘n refleksaksie.
Belangrikheid van ‘n refleksaksie.
‘n Refleksaksie is vinnig om die liggaam teen besering te beskerm. ‘n Refleksaksie maak ‘n vinnige reaksie (respons) moontlik, sonder om daaroor te dink, sodat skade aan die liggaam verhoed kan word.
Smaakpapille.
Chemoreseptore in smaakpapille.
Bepaal smaak: souterigheid, soetheid, suurheid, bitterheid.
Reageer op konsentrasies van chemikalieë.
Agterkant van die tong: bitterheid
Voorpunt van die tong: soetheid
Agterste sykante van die tong: suurheid
Voorste sykante van die tong: soutigheid