Reaksie op die Omgewing by Plante - Kwartaal 2 Flashcards
(5 cards)
Ouksiene.
Word deur die loot se apikale meristeem boaan die plant geproduseer.
Ouksiene beweeg af in die plant en na die selle deur diffusie en deur transmembraanproteïene.
Funksies van Ouksiene.
Die natuurlike funksies van ouksiene in plante is die regulering van:
selfvergroting, seldeling
wortelinisiasie
apikale dominansie
tropismes
Die kommersiële gebruik van natuurlike sintetiese ouksiene is:
bevordering van wortelvorming
induksie van blomvorming
verhoogde vrugproduksie
voorkoming van die afval van plante
Ouksiene en apikale dominansie.
Die groei van die iendloot inhibeer gewoonlik die ontwikkeling van die stingel daaronder.
Fotoropisme.
Aanpassingsreaksie wat lote in die rigting draai van sonlig wat plante vir fotosintese nodig het, en wortels weg van sonlig draai om die plant in die grond te anker:
Positiewe fotopisme: plantstingels groei na die lig toe.
Negatiewe fotopisme: plantwortels groei weg van die lig af.
Geotropisme.
Plantbeweging in reaksie op die rigting van swaartekrag. Dit rig die wortels na die middelpunt van die aarde om die plant te anker.
Positiewe geotropisme: groei van plante se wortels in die rigting van die aarde se swaartekrag.
Negatiewe geotropisme: groei van plantlote weg van die aarde se swaartekrag.