2.1 Die menslike hulpbronnefunksie : Werwing Flashcards

1
Q

Waarvoor die is die menslike hulpbronnefunksie verantwoordelik?

A
  • Werwing
  • Keuring
  • Induksie
  • Plasing
  • Salarsibepaling
  • Byvoordele
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is die def v werwing

A

proses wat deur ‘n besigheid gebruik word om lee poste in die besigheid te identifiseer en geskikte kandidate daarvoor te lok.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is die werwingprosedures

A
  • Die menslikehulpbronbestuurder moet ‘n posontleding voorberei, wat die posspesifikasie en posbeskrywing insluit om werwingsbehoeftes te identifiseer.
  • Die menslikehulpbronbestuurder (MHB) moet die posbeskrywing opstel om werwingsbehoeftes te identifiseer.
  • MHB moet die posspesifikasie en beskrywing aandui om geskikte kandidate te lok.
  • Kies die metode van werwing, bv. intern of ekstern, om die geskikte kandidate te teiken.
  • Lee poste kan intern geadverteer word via interne e-pos / mondeling / plakkate/personeelkennisgewings.
  • As interne werwing nie suksesvol is nie, moet eksterne werwing oorweeg word.
  • Eksterne werwingsbronnne sluit in werwingagentskappe, tersiere instellings, koerante, etc.
  • Die advertensie moet voorberei word met die relevante inligting, bv. die naam van die onderneming, kontakbesonderhede, kontakpersoon, ens.
  • Plaas die advertensie in die toepaslike media om te verseker dat die beste kandidate aansoek doen.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Die betekenis van posontleding

A
  • ‘n Posontleding is ‘n hulpmiddel wat deur die menslike hulpbronfunksie gebruik word om inligting oor die besigheid se arbeidsmag te verkry en te ontleed. Hierdie inligting word dan gebruik om die regte persoon in die regte pos te plaas/werf.
  • ‘n Posontleding bestaan uit ‘n posbeskrywing en posspesifikasie.
  • Die werkgewer moet duidelik wees oor die aard/tipe werk wat ‘n potensiële werknemer sal moet verrig sodat ‘n toepaslike posbeskrywing en posspesifikasie voorberei kan word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Verskil tussen posbeskrywing en posspesifikasie.

A

Posbeskrywing:
* Beskryf pligte/verantwoordelikhede van ‘n spesifieke werk.
* ‘n Geskrewe beskrywing van die pos en sy vereistes./’n Opsomming van die aard/tipe werk.
* Beskryf sleutelprestasie-areas vir ‘n spesifieke pos, byvoorbeeld postitel/ pligte/werksomstandighede/ ligging van die werkplek/verhouding van die pos met ander poste in die besigheid, ens.

posspesifikasie
* Beskryf die minimum aanvaarbare persoonlike eienskappe/ vaardighede/ kwalifikasies wat nodig is vir die werk.
* ‘n Geskrewe beskrywing van spesifieke kwalifikasies/ vaardighede/ervaring wat nodig is vir die pos.
* Beskryf sleutelvereistes vir die persoon wat die pos sal vul, byvoorbeeld, formele kwalifikasies/ bereidwilligheid om te reis/ ongewone werksure, ens.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Wat is die 2 tipes werwing metodes

A

Interne werwing en eksterne werwing

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is die def v interne werwing

A

proses om potensiële kandidate vir sekere beskikbare
poste binne die besigheid te verkry

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Noem die bronne van interne werwing

A
  • Interne e-posse
  • Oorvertelling (word-of-mouth)
  • Besigheid-nuusbriewe
  • Interne- / bestuursverwysings
  • Interne kantoor-kennisgewingbord van die besigheid
  • Interne bulletins
  • Kennisgewingsbord
  • Aanbeveling van huidige werknemers
  • Roofwerwing binne die besigheids- of organisatoriese databasis
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is die voordele v interne werwing

A
  • Goedkoper en vinniger om die pos te vul.
  • Bied geleenthede vir loopbaanpaaie binne die onderneming.
  • Verminder die kanse om werknemers te verloor, aangesien daar toekomstige loopbaanvooruitsigte beskikbaar is
  • Plasing is maklik, aangesien die bestuur die werknemers se vaardighede/ persoonlikheid / ervaring / sterk punte ken.
  • Die werknemer het reeds ‘n begrip van hoe die onderneming funksioneer. wat beteken dat opleiding is nie altyd nodig nie.
  • Gedetailleerde, betroubare inligting kan verkry word van die toesighouers / Werknemer rekords.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Nadele van interne werwing

A
  • Dit kan moontlik die deur toe maak vir nuwe idees van buitestaanders.
  • Werknemers wat nie bevorder word nie, kan gedemotiveerd voel
  • Die bevordering van ‘n werknemer kan jaloesie onder ander werknemers veroorsaak.
  • Die aantal aansoekers waaruit hulle kan kies, is slegs tot bestaande personeel beperk.
  • Dit is moontlik om sekere werknemers te bevorder wat nie die nodige vaardighede vir die nuwe pos het nie.
  • Die onderneming moet meer geld spandeer aan opleiding / ontwikkeling van bestaande werknemers in die nuwe pos.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat is die def v eksterne werwing

A

proses om potensiële kandidate vir sekere beskikbare
poste van buite die besigheid te verkry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Bronne v eksterne werwing

A
  • Gedrukte media, byvoorbeeld koerante/ strooibiljette /tydskrifte
  • Elektroniese media, byvoorbeeld radio/TV
  • Sosiale media/sosiale netwerke /internet/ besigheidswebwerwe
  • Werwingsagentskappe
  • Professionele verenigings
  • Netwerking
  • Onderwys-/opleidingsinstellings
  • Plakkate/advertensieborde buite die besigheid
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Voordele v eksterne werwing

A
  • Nuwe kandidate bring nuwe talente/ idees/ervarings/vaardighede/ kennis in die besigheid.
  • Daar is ‘n groter aantal kandidate om uit te kies.
  • Daar is ‘n groter kans om geskikte kandidate met die vereiste vaardighede/ kwalifikasies /bevoegdhede/ervaring te kry wat nie veel opleiding/ontwikkeling nodig het nie wat koste kan verlaag.
  • Minimaliseer ongelukkigheid/konflik onder huidige /bestaande werknemers wat moontlik vir die pos aansoek gedoen het.
  • Algehele doeltreffendheid/produktiwiteit kan voorkom as die nuwe werker aktief waarde tot die besigheid toevoeg.
  • Dit kan die besigheid help om regstellende aksie-, WGI- en BBSEB teikens te bereik.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Nadele van eksterne werwing

A
  • Eksterne bronne kan duur wees, byvoorbeeld werwingsagentskappe se fooie/ advertensies in koerante/tydskrifte.
  • Die keuringsproses kan daartoe lei dat ‘n oneffektiewe/onbevoegde kandidaat gekies word.
  • Inligting oor CV’s/verwysings is dalk nie betroubaar nie.
  • Die werwingsproses neem langer/is meer tydrowend en duur aangesien agtergrondsondersoeke uitgevoer moet word.
  • Nuwe kandidate neem gewoonlik langer om by ‘n nuwe werksomgewing aan te pas.
  • Indiensopleiding mag nodig wees, wat produktiwiteit gedurende die tyd van opleiding verlaag/koste van die besigheid verhoog.
  • Nie-geskikte aansoeke kan die keuringsproses vertraag.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat is 2 komponente van posontleding

A

Posspefifikasies en posbeskrywing

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly