2.3 Die menslike hulpbronnefunksie : Induksie Flashcards

1
Q

Def v induksie

A
  • Induksie is die proses om nuwe werknemers aan ‘n besigheid/ werksomgewing/organisasie bekend te stel.
  • Nuwe werknemers raak vertroud met hul nuwe fi siese werksomgewing/ organisasiekultuur/produkte en dienste.
  • Inligting rakende die prosesse/prosedures/metodes van die besigheid word aan nuwe werknemers gekommunikeer.
  • Die werksverwagtinge/rolle/verantwoordelikhede word aan nuwe werknemers verduidelik.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Doel v induksie

A
  • Stel nuwe werknemers voor aan die bestuur en kollegas om verhoudings met mede-kollegas op verskillende vlakke te vestig.
  • Laat nuwe werknemers welkom voel deur hulle aan hul werkruimte voor te stel.
  • Laat nuwe werknemers die geleentheid hê om vrae te stel wat hulle gemaklik kan maak onsekerheid en angs sal verminder.
  • Stel nuwe werknemers vertroud met die organisasiestruktuur
  • Sorg dat werknemers hul rolle en verantwoordelikhede verstaan, sodat hulle produktief en effektief kan wees.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Aspekte wat in ‘n induksieprogram ingesluit moet word

A
  • Inleiding aan sleutelpersone en onmiddellike kollegas.
  • Veiligheidsregulasies en -reëls.
  • Oorsig van die onderneming.
  • Besoek die perseel.
  • Bespreking van die dienskontrak en diensvoorwaardes.
  • Bespreking van werknemersvoordele
  • Inligting oor die onderneming se produkte / dienste.
  • Vergadering met senior bestuur wat die onderneming se visie /waardebeskrywings / daaglikse take sal uiteensit.
  • Diensvoorwaardes,
  • Administrasiebesonderhede oor stelsels en prosesse.
  • Bespreking van personeelbeleide.
  • Programme vir maatskaplike verantwoordelikheid.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Voordele van induksie

A
  • Verhoog die kwaliteit van produktiwiteit
  • Laat nuwe werknemers toe om vinnig in te skakel en effektief te werk.
  • Verseker dat nuwe werknemers reëls en beperkings in die besigheid ken.
  • Nuwe werknemers kan verhoudings met ander werknemers in ander vlakke vestig
  • Laat nuwe werknemers gemaklik voel in die werkplek, wat angs en onsekerheid verminder.
  • Nuwe werknemers sal veiligheid regulasies en reels verstaan.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly