4.1 Probleemoplossing Flashcards

1
Q

Verskille tussen besluitneming en probleemoplossing

A

BESLUITNEMING
* Besluitneming word dikwels deur een persoon/senior bestuur gedoen. Dit maak besluitneming meer gesaghebbend.
* Die persoon/senior bestuur sal verskeie alternatiewe oorweeg voordat daar op die beste een besluit word.
* Hierdie proses is deel van die probleemoplossing-siklus omdat besluite in elke stap van die siklus geneem moet word.

PROBLEEMOPLOSSING
* Probleme kan deur ‘n groep/span of ‘n individuele spanlid opgelos word. Dit maak probleemoplossing meer inklusief.
* Die groep/span sal verskeie oplossings genereer/identifi seer en dan elkeen krities evalueer.
* Hierdie proses van ontleding van ‘n situasie sal die groep/span help om strategieë te identifi seer wat verandering sal meebring.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Noem die stappe van probleemoplossing

A
  1. IDENTIFISEER DIE PROBLEEM
  2. DEFINIEER DIE PROBLEEM
  3. IDENTIFISEER ALTERNATIEWE OPLOSSINGS
  4. EVALUEER ALTERNATIEWE OPLOSSINGS
  5. KIES DIE BESTE OPLOSSING
  6. FORMULEER/ONTWIKKEL ‘N AKSIEPLAN/STRATEGIE
  7. MPLEMENTEER DIE AKSIEPLAN
  8. EVALUEER DIE GEÏMPLEMENTEER OPLOSSING/AKSIE PLAN
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Noem die probleemoplossingtegnieke

A
  • Delphi-tegniek
  • Kragveld-ontleding
  • Dinkskrum
  • Nominale groeptegniek
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Definisie van die delphi tegniek

A

Besighede gebruik die Delphi-tegniek om ‘n konsensus te verkry oor toekomstige tendense en projeksies deur ‘n sistematiese proses van inligting-insameling te gebruik. Die tegniek is nuttig waar die menings en oordeel van kundiges nodig is. Delphi-tegniek word gewoonlik deur middel van vraelyste uitgevoer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Maniere waarop die besigheid die Delphi-tegniek kan toepas
(8)

A
  • Die besigheid moet ‘n paneel kundiges nooi om navorsing te doen oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar.
  • Kenners hoef nie op een plek te wees nie en sal individueel gekontak word.
  • ’n Vraelys wat uit vrae bestaan om inligting van die kundiges in te samel rakende die uitdagings van die besigheid moet ontwerp word.
  • Die kundiges sal dan versoek word om die vraelys te voltooi en dit terug te stuur.
  • Die besigheid moet dan die antwoorde van die kundiges opsom deur ‘n terugvoerverslag op te stel.
  • Hierdie terugvoerverslag word aan die kundiges teruggestuur en, indien nodig, sal ‘n tweede vraelys opgestel word wat gebaseer is op die terugvoerverslag.
  • Paneellede sal dan versoek word om verdere insette/idees te verskaf oor hoe om die uitdagings van die besigheid op te los.
  • Indien nodig, word ‘n derde vraelys gebaseer op terugvoer van die tweede rondte opgestel word.
  • Laastens sal die besigheid al die terugvoer van die kundiges in ‘n verslag opsom.
  • Nadat konsensus bereik is, moet die besigheid dan die beste oplossing/ voorstel kies op grond van die verslag.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Voordele van delphi tegniek

A
  • Besighede kan ‘n groep kundiges/kenners gebruik sonder om hulle bymekaar te bring.
  • Die kundiges sal die besigheid duidelike idees of oplossings gee oor hoe om produktiwiteit en/of winsgewendheid te verbeter.
  • Inligting wat van kundiges ontvang word, kan gebruik word om komplekse besigheidsprobleme op te los.
  • Kenners kan eerlike, geloofwaardige menings gee omdat hulle nie ‘n direkte of persoonlike belang in die besigheid het nie.
  • Konflik kan vermy word veral as die kenners kundig en goed gekwalifiseerd is.
  • Oorheersende werknemers sal nie die proses kan saboteer nie omdat hulle nie deel vorm van die probleemoplossingsproses nie.
  • Geraasvlakke in ‘n kantooromgewing kan vermy word omdat daar geen behoefte aan groepbesprekings sal wees nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Nadele van delphi tegniek

A
  • Dit is ‘n duur tegniek om te gebruik vanweë die hoë administratiewe koste.
  • Dit kan tydrowend en ingewikkeld wees om data te ontleed wat van kundiges/kenners ontvang word en om nuwe vraelyste op te stel.
  • Nie alle kundiges is bereid of stel belang om terugvoering te gee of vraelyste te voltooi nie.
  • As die kundiges nie goed gekies is nie, kan sommige kundiges dalk nie ‘n dieper kennis van sekere onderwerpe hê nie.
  • Kundiges se voorstelle word dalk nie deur sommige werknemers gewaardeer nie, so konsensus sal moontlik nie bereik word nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Definisie van kragveld ontleding

A

Kragveldontleding weeg ‘n besigheid se dryfkragte /ondersteunende kragte (voordele) en terughoudende kragte/opponerende kragte (nadele) teen mekaar op, en besluit dan watter veranderinge moet plaasvind. Hierdie tegniek kan ook gebruik word om dryfkragte te versterk en beperkende kragte te verswak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Maniere waarop die besigheid Kragveld-ontleding kan toepas

A
  • Beskryf die huidige situasie of probleem en die verlangde situasie en skryf dit in die middel of heel bo sodat almal dit kan sien.
  • Maak ‘n lys van alle dryfkragte/voordele en terughoudende kragte/nadele wat verandering sal ondersteun en weerstaan.
  • Ken ‘n telling aan elke krag toe deur ‘n numeriese skaal te gebruik, waar 1 swak en 5 sterk is.
  • Weeg die positiewe en negatiewe punte op en besluit dan of die projek lewensvatbaar is.
  • Kies die krag met die hoogste telling as die gekose oplossing.
  • As die projek lewensvatbaar is, vind maniere om die kragte vir verandering (dryfkragte) te verhoog.
  • Identifi seer prioriteite en ontwikkel ‘n aksieplan.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Voordele van kragveld ontleding

A
  • Dit verskaf ‘n visuele opsomming van al die faktore wat ‘n bepaalde idee ondersteun en teenstaan.
  • Werknemers voel ingesluit en is in staat om te verstaan waarheen die besigheid op pad is.
  • Werknemers ontwikkel en groei saam met die besigheid omdat hulle by die proses ingesluit is.
  • Ingeligte besluite kan geneem word omdat dryfkragte (kragte vir) en terughoudende kragte (kragte teen) krities geëvalueer word.
  • Dit stel besighede in staat om dryfkragte te versterk en terughoudende kragte te verswak.
  • Besighede kan ‘n idee kry van hoeveel tyd en bykomende hulpbronne hulle mag benodig.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Nadele van kragveldontleding

A
  • Dit is tydrowend aangesien die besigheid moet stabiliseer voordat veranderinge aangebring kan word.
  • Vereis die deelname van alle besigheidseenhede.
  • Die gehalte van die ontleding is afhanklik van die vaardigheidsvlak en kennis van die groep wat deelneem aan die ontleding.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Definiesie van dinkskrum

A

‘n Dinkskrum is ‘n groepaktiwiteit om ‘n oplossing vir ‘n spesifieke probleem te vind deur spontaan ‘n lys idees bymekaar te maak. Dit is ‘n metode om kreatiewe probleemoplossing te inspireer deur groeplede aan te moedig om met gedagtes en idees vorendag te kom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Maniere waarop die besigheid dinkskrum kan toepas

A
  • Die besigheid moet die probleem duidelik definieer sodat alle deelnemers dit verstaan.
  • Die groep moet ‘n tydsbeperking vir elke dinkskrum opstel.
  • Mense in die groep moet ewekansig idees voorstel, en alle idees moet op ‘n blaaibord geskryf of aanlyn gedeel word tydens ‘n e-dinkskrumsessie.
  • Elke voorstel moet gebruik word om nuwe gedagtes of idees van ander groeplede te inspireer.
  • Die groepleier moet niemand toelaat om enige idees te oordeel of te kritiseer nie. Die doel is om soveel idees as moontlik te genereer.
  • Die groep moet dan die idees verfyn of sekere idees kombineer. Groepbespreking kan plaasvind indien nodig.
  • Na die besprekings moet die groep idees beoordeel en die beste oplossings kies volgens hul bruikbaarheid sowel as die koste om dit te implementeer.
  • Groeplede moet dan ‘n plan van aksie bespreek oor hoe om die beste idees te implementeer.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Voordele van dinkskrum

A
  • Beter of unieke oplossings en/of idees word ontwikkel deur kollektiewe bydraes en sal die besigheid ‘n mededingende voordeel gee.
  • Produktiwiteit neem toe as die besigheid idees genereer wat tyd en geld meer effektief gebruik.
  • Werknemers word gemotiveerd aangesien hulle toegelaat word om by te dra tot die oplossing van besigheidsprobleme.
  • Bestuurders sal beter leiers wees omdat hulle verandering kreatief sal kan bestuur.
  • Kreatiwiteit kan lei tot nuwe uitvindings, wat die algemene lewenstandaard kan verbeter.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Nadele van dinkskrum

A
  • Dinkskrums is tydrowend aangesien sommige deelnemers dalk te veel idees genereer wat die proses kan vertraag om met lewensvatbare oplossings vorendag te kom.
  • Sommige spanlede kan die bespreking oorheers en ander groeplede beïnvloed.
  • Sommige werknemers vrees kritiek en dit kan volle deelname aan dinkskrumsessies verhoed.
  • Dit kan lei tot groepsdenke en sommige individue is dalk nie bereid om hul opinies te gee nie.
  • Bespreking kan konfl ik tot gevolg hê as gevolg van verskille in menings.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

definisie van nominal greoptegniek

A

Besighede gebruik hierdie tegniek om elke werknemer in staat te stel om hul insette te lewer en dit dan met hul kollegas te deel. Dit verhoed dat ander werknemers die bespreking oorheers. Die Nominale groeptegniek kan deur kleingroepe gebruik word om konsensus te bereik.

17
Q

Se kortliks wat die stappe is van die nominale groeptegniek

A
  1. Definieer die probleem
  2. dinkskrum stil op jou eie
  3. bied idees aan
  4. stem anoniem vir n oplossing
  5. tel stemme en kies oplossing
18
Q

Maniere waarop die besigheid die Nominale groeptegniek kan toepas

A
  • Moedig die groep aan om die probleem te defi nieer sodat alle deelnemers in die kleingroep aan dieselfde probleem kan werk.
  • As die groep te groot is, moet dit in kleiner groepe verdeel word.
  • Versoek elke werknemer om stilweg te dinkskrum of soveel idees as moontlik op sy/haar eie te genereer en dit neer te skryf.
  • Elke werknemer in die kleingroep sal ‘n geleentheid kry om een van sy/haar idees met ‘n kort verduideliking aan te bied.
    • Alle idees word op ‘n groot papier neergeskryf of elektronies op ‘n rekenaar aangeteken sodat almal dit kan sien.
  • Werknemers word dan aangemoedig om vrae te vra oor aspekte wat onduidelik is.
  • Kritiek op idees sal nie toegelaat word nie omdat dit ander sal verhoed om aan die proses deel te neem.
  • Die volgende stap is om soortgelyke of gedupliseerde idees uit te skakel.
  • Elke werknemer sal dan toegelaat word om deur die voorstelle te lees en dit anoniem van hoogste na laagste te gradeer.
  • Alle graderings word ingesamel en die totale punte vir elke voorstel word bereken. Sodra alle tellings in is, kan die groep dan die beste oplossing kies.
  • Klein groepe moet een oplossing aan die groot groep aanbied.
19
Q

Voordele van die nominale groeptegniek

A
  • Dit bied tyd om in stilte oor die vraag na te dink voordat jy reageer.
  • Elke spanlid/direkteur het ‘n kans om deel te neem sonder inmenging van ander spanlede.
  • Stemming oor die idees is anoniem en kan meer betroubaar/eerlik wees.
  • Almal in die groep word toegelaat om by te dra tot die bespreking terwyl die waarskynlikheid vermy word dat een persoon die groepproses sal oorheers.
  • Stel die groep in staat om vinnig ‘n groot aantal idees te genereer en te verduidelik en prioritiseer dit demokraties.
  • Moedig deelnemers aan om kwessies te konfronteer deur konstruktiewe probleemoplossing.
  • Sterk tegniek om ooreenstemming met groepsdruk te voorkom.
20
Q

Nadele van die nominale groeptegniek

A
  • Dit minimaliseer bespreking en laat dus nie die volle ontwikkeling van idees toe nie.
  • Idees/insette wat deur lede gemaak word, mag dalk nie dieselfde einddoel hê nie en kan gevolglik nie tot dieselfde oplossing(s) lei nie.
  • Voorstelle is dalk nie so kreatief soos wanneer ‘n groep in staat is om betrokke te raak by verskillende idees nie.
  • Dit is tydrowend, aangesien elke lid ‘n aanbieding moet maak.
  • Dit is moeilik om effektief te implementeer met groot groepe tensy dit vooraf baie noukeurig beplan word.
  • Vereis uitgebreide vooraf voorbereiding, wat beteken dat dit nie as ‘n spontane tegniek gebruik kan word nie.
  • Goeie idees kan uitgestem word omdat hul potensiaal nie verder ontwikkel kan word nie.
  • Kleingroepe beperk deelname en word vooraf gekies