3.3 Uitdagings van onetieseen onprofessionele besigheidspraktyke Flashcards

1
Q

Die betekenis van onetiese besigheidspraktyke

A
  • Onetiese gedrag van ‘n maatskappy en hul bestuur skep ‘n situasie waar werknemers skaam of verleë voel oor die maatskappy, hul produk of diens, of hul rol daarin.
  • Dit is asof hulle iets verkeerd doen deur assosiasie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Noem die 3 onetiese besigheidspragktyke

A

Onbillike/Oneerlike advertensies
Pryse van goedere in landelike gebiede
Belasting/belastingontduiking

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Brei kortliks uit op onbillike/oneerlike advertensies

A

Dit verwys na die gebruik van vals of misleidende stellings in advertensies, wat lei tot die wanvoorstelling van ‘n produk, wat verbruikers negatief kan raak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Brei kortlikes uit op pryse van goedere in landelike gebiede

A
  • Besighede vra dikwels hoë/buitensporige pryse vir goedere in landelike gebiede.
  • Mense in landelike gebiede is dikwels nie in staat om pryse van verskillende kleinhandelaars te vergelyk nie. Hulle word gedwing om by een plaaslike winkel te koop, is geforseer om buitensporige prysse te betaal.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Brei kortliks uit op belastingontduiking

A
  • Belastingontduiking is ‘n onwettige optrede waarin ‘n persoon of besigheid doelbewus nalaat om ‘n ware belastingaanspreeklikheid te betaal.
  • Die opsetlike versuiming om belasting te betaal is ‘n oortreding.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Uitdagings wat deur onbillike/oneerlike advertensies gestel word

A
  • Die gebruik van vals of misleidende stellings in advertensies lei tot die wanvoorstelling van ‘n produk, wat verbruikers negatief kan beïnvloed.
  • Misleidende reklame/advertering kan die vertroue van verbruikers skend en besigheidsverhoudings vernietig.
  • Onbillike advertensies kan verbruikers negatief beïnvloed.
  • Sommige advertensies kan as diskriminerend beskou word omdat dit sommige dele van die bevolking uitsluit/teiken.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Uitdagings wat deur pryse van goedere in landelike
gebiede gestel word

A
  • Sommige besighede in landelike gebiede buit hul kliënte uit deur hul pryse buitensporig hoog te maak en dit kan lei tot dislojaliteit van hul kliënte.
  • Besighede kan afname in verkope ervaar as gevolg van hoë koste wat by die prys van die finale produk gevoeg word.
  • Besighede kan monopolieë in landelike gebiede vorm en hul pryse eensydig verhoog wat kan lei tot swaar boetes.
  • Dit kan algemene praktyk wees om hoër pryse te betaal vir goedere van minderwaardige gehalte in landelike gebiede. Daar is dalk meer klagtes van kliënte oor produkte/dienste van swak gehalte.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Uitdagings wat deur belasting/belastingontduiking
gestel word

A
  • Besighede kan swaar boetes betaal vir belastingontduiking.
  • Belastingontduiking kan ‘n negatiewe impak op die beeld van die besigheid hê.
  • Die rekenmeester kan hoë boetes betaal vir die vervalsing van die finansiële state.
  • Besighede kan sleutel-belanghebbendes verloor as belastingontduiking aangemeld word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hantering van onbillike/oneerlike advertensies

A
  • Besighede moet onregverdige advertensies deur mededingers by die Advertensiestandaarde-owerheid (ASO/ASA) aanmeld.
  • Besighede moet aangemoedig word om hul advertensies regverdig en in lyn met die Grondwet te hou.
  • Besighede moet seker maak dat hulle nie kern-inligting uit die advertensies weglaat nie.
  • Advertensies moet eerlik/wettig wees en nie verbruikers se vertroue/gebrek aan kennis misbruik nie.
  • Advertensies moet nie enigiets bevat wat diskriminerend is nie. Dit moet ook nie aanstoot gee of dade van geweld ondersteun nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hantering van belasting/belastingontduiking

A
  • Belasting op Toegevoegde Waarde/BTW moet gehef word op BTW-geskikte items.
  • Dien die korrekte belastingopgawes betyds by die SAID in.
  • Alle produkte moet korrek gefaktureer en aangeteken word.
  • Maak alle bronne van inkomste bekend vir belastingbetalings-doeleindes.
  • Bly op hoogte van die jongste SAID-regulasies en belastingwette.
  • Besighede wat belasting ontduik het, moet om amnestie aansoek doen en hul inkomste verklaar.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Hantering van pryse van goedere in landelike gebiede

A
  • ‘n Besigheid kan met ander besighede in die area aan invloed-werwing deel neem om die regering te oortuig om infrastruktuur in die landelike gebied te verbeter.
  • Besighede moet billike en markverwante pryse vir goedere en dienste hef
  • Hulle moet koste-effektiewe maniere ondersoek om produkte te vervoer/Huur ‘n groot vragmotor om aflewerings aan winkeleienaars in dieselfde area te
    kombineer.
  • Die besighede moet saam met verskaffers werk om afleweringskoste na afgeleë landelike gebiede te deel.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Noem die 3 tipes onprofessionele besigheidspraktyke

A

Seksuele teistering
Ongemagrigde gebruik van werkplekfondse en hulpbronne
misbruik van werktyd

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Uitdagings wat deur seksuele teistering gestel word

A
  • Die geaffekteerde party is gewoonlik huiwerig om die voorval aan te meld weens die vrees vir viktimisering.
  • Seksuele teistering veroorsaak ongemak/ vernedering en belemmer die vermoë van die slagoffer om toegewysde werktake suksesvol te voltooi.
  • Die besigheid kan werkers verloor omdat hulle nie veilig in die besigheid voel nie.
  • Soms verkies die slagoffer om weg te bly van die werk af en die besigheid verloor produktiwiteit.
  • Seksuele teistering veroorsaak emosionele trauma en die slagoffer se houding sal negatief in die werkplek word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Uitdagings wat gestel word deur ongemagtigde gebruik van
werkplekfondse en hulpbronne

A
  • Bedrog verhoog die koste om sake te doen.
  • Dit kan die mededingendheid van die besigheid beïnvloed.
  • Dit kan kliënte ontmoedig wanneer pryse verhoog word om die verliese te absorbeer.
  • Dit kan beleggers ontmoedig wanneer die besigheid slegte publisiteit van regsgedinge ontvang
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Uitdagings wat deur misbruik van werktyd gestel word

A
  • Misbruik van werktyd verlaag produktiwiteit en veroorsaak dat besighede wins verloor.
  • Besighede kan ook kliënte verloor en nie spertye haal nie.
  • Tyd is geld, dus ‘n verlies aan werktyd beïnvloed die wins van die besigheid
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Hantering van seksuele teistering

A
  • Elke besigheid moet interne klagtes en dissiplinêre prosedures implementeer.
  • Hulle moet werknemers opvoed oor kwessies rakende seksuele teistering.
  • Die besigheid moet ‘n beleid ten opsigte van seksuele teistering formuleer.
  • Hulle moet ‘n goeie werksomgewing skep waar alle werknemers se regte en waardigheid gerespekteer word.
  • ’n Interne ondersoek moet gedoen word om die erns van die teistering te bepaal.
  • Ernstige gevalle/aangeleenthede van seksuele teistering moet by die toepaslike instansies soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangemeld word.
  • Besighede moet verseker dat hulle aan die wet/ besigheidsgedragskode voldoen.
16
Q

Hantering van ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en hulpbronne

A
  • Die besigheid moet gereelde oudits doen.
  • Hulle moet risiko-areas/kwesbare areas identifiseer.
  • Hulle moet die aantal werknemers wat toegang tot besigheidsfondse/bates het, beperk.
  • Die besigheid moet ‘n bedrog voorkomingstrategie implementeer/instel.
  • Die besigheid moet werknemers opvoed oor die impak van bedrog.
  • Bedrogvoorkoming behoort ‘n kollektiewe verantwoordelikheid van besighede en werkers te wees.
  • Duidelike beleide moet in plek wees sodat werknemers bewus is van wat as bedrog beskou word.
  • Die besigheid moet stelsels in die organisasie opstel om bedrog en korrupsie aan te meld.
17
Q

Hantering van misbruik van werktyd

A
  • Praat direk met daardie werknemers wat werktyd misbruik.
  • Die gedragskode/etiese kode moet duidelike reëls oor die misbruik van werktyd bevat.
  • Besighede moet opleiding gee oor die inhoud van die gedragskode/etiek.
  • Die gedragskode/etiese kode moet deur alle werknemers onderteken word sodat hulle bewus is van die inhoud daarvan.
  • Die besigheid moet werknemers monitor om te verseker dat take voltooi word.
  • Besighede behoort werksure so te struktureer dat werknemers vrye/buigsame tyd vir persoonlike sake het.
  • Die besigheid moet ‘n kultuur van verantwoordelikheid skep/spangees versterk sodat alle werknemers verantwoordelik voel vir wat bereik moet word.
18
Q

Hantering van misbruik van werktyd

A
  • Praat direk met daardie werknemers wat werktyd misbruik.
    • Die gedragskode/etiese kode moet duidelike reëls oor die misbruik van werktyd bevat.
  • Besighede moet opleiding gee oor die inhoud van die gedragskode/etiek.
  • Die gedragskode/etiese kode moet deur alle werknemers onderteken word sodat hulle bewus is van die inhoud daarvan.
  • Die besigheid moet werknemers monitor om te verseker dat take voltooi word.
  • Besighede behoort werksure so te struktureer dat werknemers vrye/buigsame tyd vir persoonlike sake het.
  • Die besigheid moet ‘n kultuur van verantwoordelikheid skep/spangees versterk sodat alle werknemers verantwoordelik voel vir wat bereik moet word.