4.2 Kreatiewe denke Flashcards

1
Q

Maniere waarop besighede ‘n omgewing kan
skep wat kreatiewe denke in die werkplek
bevorder

A
  • altyd bereid wees om te luister en entoesiasties op nuwe idees van personeellede te reageer.
  • alle personeellede aanmoedig om nuwe of unieke idees te ontwikkel.
  • tyd maak vir die skepping van nuwe idees, byvoorbeeld, deur werkswinkels te hou waar personeellede by dinkskrumsessies betrokke kan wees om nuwe idees/oplossings te verkry.
  • dit maklik vir personeellede maak om nuwe idees voor te stel deur middel van voorstel-kassies op die besigheidsperseel.
  • personeellede oplei in innoverende tegnieke soos die gebruik van breinkaarte.
  • pos-/werkuitruilings met ander besighede organiseer om te leer van ander meer kreatiewe maniere om situasies te hanteer.
  • aansporings instel vir personeellede wat met nuttige en kreatiewe idees vorendag kom.
  • seker maak dat die werksomgewing vry is van steurnisse soos hoë geraasvlakke.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Voordele van kreatiewe denke in die werkplek

A
  • Beter, unieke of onkonvensionele idees en oplossings word gegenereer.
  • Kan die besigheid ‘n mededingende voordeel gee as ongewone, unieke oplossings, idees, strategieë geïmplementeer word.
  • Komplekse besigheidsprobleme kan opgelos word.
  • Produktiwiteit neem toe namate bestuur en werknemers vinnig verskeie idees kan genereer wat tyd en geld meer effektief gebruik.
  • Bestuurders en werknemers het meer selfvertroue aangesien hulle hul volle potensiaal kan uitleef.
  • Bestuurders sal beter leiers wees aangesien hulle verandering(e) positief en kreatief sal kan hanteer/bestuur.
  • Bestuurders en werknemers kan ‘n heeltemal nuwe uitkyk ontwikkel, wat toegepas kan word op enige take wat hulle mag doen.
  • Lei tot meer positiewe houdings aangesien bestuurders en werknemers voel dat hulle bygedra het tot probleemoplossing.
  • Verbeter motivering onder personeellede.
  • Bestuurders en werknemers het ‘n gevoel van groot prestasie en hulle sal nie die proses weerstaan of belemmer sodra hulle ‘n probleem opgelos het en tot die sukses van die besigheid bygedra het nie.
  • Bestuur en werknemers kan tred hou met vinnig veranderende tegnologie.
  • Stimuleer inisiatief van werknemers en bestuurders aangesien hulle voortdurend uit hul gemaksones gehaal word.
  • Kreatiwiteit kan lei tot nuwe uitvindings wat die algemene lewenstandaard verbeter.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly