3.1 Die begrip van etiese en professionele gedrag Flashcards

1
Q

Die betekenis van etiese gedrag

A
  • g dat besighede die verantwoordelikheid het om morele kodes te gebruik wat hulle lei om die keuse tussen reg en verkeerd te maak.
  • Etiek vorm deel van die gedragskode van ‘n besigheid. Die besigheid moet waardes stel wat in hul bedrywighede gebruik sal word.
  • Hierdie morele kompas van die besigheid sal as leiding gebruik word wanneer besluite geneem word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Voorbeelde van etiese gedrag

A
  • Besighede kom beloftes aan hul werknemers, vennote en kliënte na
  • Die besigheid funksioneer binne die wet en ander beperkings
  • Besighede verseker dat die omgewing nie tydens hul produksieproses besoedel word nie.
  • Besighede maak nie van kinderarbeid gebruik nie.
  • Die besigheid praat die waarheid tydens ‘n openbare betrekkinge-krisis om die kwessie wat hulle in die gesig staar te oorkom.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Voorbeelde van onetiese gedrag

A
  • Die storting van besoedelde afvalmateriaal in die watertoevoer eerder as om omgewingsvriendelike oplossings te gebruik om die besoedeling op te ruim.
  • Die vrystelling van gifstowwe in die lug bo die toegelate vlakke wat deur die
  • Omgewingsbeskermingsagentskap (OBA) bepaal is.
  • Doelbewuste vervalsing van inligting op belastingopgawes.
  • Klassifikasie van ‘n werknemer as ‘n kontrakteur om belasting op salarisse te verminder en ander verpligte aftrekkings te vermy.
  • Deelname aan prysvasstelling om kleiner mededingers uit besigheid te dwing.
  • Die gebruik van vals advertensie-taktieke om kliënte aan te lok of hulle te oortuig om ‘n produk te koop.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Die betekenis van professionele gedrag

A
  • Dit sluit kwessies in soos voorkoms, kommunikasie, verantwoordelikheid, kennis, vaardighede, ens.
  • ’n Professionele persoon sal ook werkstyd goed benut, alle mense met respek behandel en die besigheid en kliënt se inligting vertroulik hou.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Voorbeelde van professionle gedrag

A
  • Om jouself en ander te respekteer, byvoorbeeld om betyds te wees vir werk en afsprake.
  • Om beleefde taal met kollegas en kliënte te gebruik.
  • Goeie gebruik van werktyd en stel hoë standaarde in alle areas van jou werk.
  • Hou kliënte se besonderhede vertroulik/Gebruik nie kliënte se inligting vir persoonlike gewin nie.
  • Behandel alle kollegas en kliënte dieselfde.
  • Neem verantwoordelikheid vir jou dade, byvoorbeeld om jou foute te erken.
  • Beoefen redelike werksetiek en self-motivering.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Voorbeelde van onprofessionele gedrag

A
  • Die gebruik van onbeskofte/onbeleefde taal met kollegas en kliënte.
  • Misbruik van werktyd, byvoorbeeld, om laat te kom, die maak of ontvang van persoonlike telefoonoproepe en die stuur van onnodige e-posse.
  • Om kliënte se inligting te bespreek/Gebruik kliënte se inligting vir persoonlike gewin.
  • Om sommige mense spesiale gunste te gee.
  • Om die aantal ure gewerk te oordryf.
  • Om onvoorbereid te wees vir opdragte of take.
  • Om vals indrukke te skep en die verskaffi ng van misleidende inligting.
  • Die Ongemagtigde gebruik van besigheidshulpbronne.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Die verskille tussen etiese en professionele gedrag

A

etiese gedrag
* Verwys na die beginsels van reg en verkeerd/aanvaarbare beginsels in die samelewing.
* Voldoen aan ‘n stel waardes wat moreel aanvaarbaar is.
* Vorm deel van ‘n gedragskode om werknemers te lei om eties op te tree.
* Fokus op die ontwikkeling van ‘n morele kompas vir besluitneming.
* Behels die navolging van die beginsels van reg en verkeerd in besigheidsaktiwiteite/praktyke/
transaksies/onderhandelinge.

Professionele gedrag
* Verwys na die beginsels van reg en verkeerd/aanvaarbare beginsels binne ‘n besigheid.
* Stel van standaarde van verwagte gedrag.
* Toepassing van ‘n gedragskode van ‘n beroep/professie of besigheid.
* Fokus op die handhawing van die
reputasie van ‘n besigheid/professie/ beroep.
* Sluit riglyne oor werknemers se voorkoms/kommunikasie/houding/ verantwoordelikheid.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly