2.7 Die menslike hulpbronnefunksie : Implikasies v wetgewing op mhf Flashcards

1
Q

Implikasies van die WAV op die Menslike Hulpbronfunksie

A
  • Bevorder die oplossing van arbeidsgeskille.
  • Beskerm die regte van werknemers / werkgewers soos uiteengesit in die Grondwet.
  • Bevorder ekonomiese ontwikkeling.
  • Voorsien dat onopgeloste geskille na Arbeidshof.
  • Bevorder ordelike onderhandelinge en werknemersdeelname aan besluitneming in die werkplek.
  • Werkers kan nie maklik ontslaan word nie want die bedingingsraad se prosesses moet gevolg word.
  • Die menslikehulpbronbestuurder moet werkers toelaat om werkplekforums en vakbonde te vorm om die belange van alle werknemers te bevorder.
  • Verduidelik die oordrag van dienskontrakte indien n besigheid oorgedra word na ‘n ander eienaar, dan word die werknemer se kontrakte ook oorgedra.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Implikasies van die WGI op die menslike hulpbronfunksie

A
  • Die menslike hulpbronbestuurder moet gelyke geleenthede in die werkplek bevorder.
  • Verseker dat regstellende aksie diversiteit in die werkplek bevorder.
  •  Definieer die aanstellingsproses duidelik om te verseker dat alle partye goed
  • ingelig is.
  • Stel diensnemingsplanne op wat aandui hoe dit geïmplementeer gaan word.
  • Ken ‘n bestuurder toe om seker te maak dat die diensbillikheidsplan geïmplementeer word / gereeld gemonitor word.
  • Vertoon ‘n opsomming van die wet waar werknemers dit duidelik kan sien.
  • Dien verslag aan die Departement van Arbeid oor die vordering met die implementering van die aandeleplan.
  • Dien mediese / sielkundige toetse billik teenoor werknemers / as dit nodig geag word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Implikasie van die WVO op die menslike
hulpbronfunksie

A
  • Identifiseer die opleidingsbehoeftes van die werknemers en voorsien hulle van opleidingsgeleenthede sodat hulle hul take doeltreffend kan uitvoer.
  • Gebruik die nasionale kwalifikasieraamwerk/NKR om die vaardigheidsvlakke van werknemers te assesseer.
  • Dra 1% van hul salarisrekening by aan die Vaardigheidsontwikkelingsheffing /VOH
  • Verseker dat opleiding in die werkplek geformaliseer / gestruktureer is
  • Stel ‘n voltydse konsultant aan as ‘n vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerder.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Implikasies van die WBDV op die menslikehulpbronfunksie

A
  • Werkers moet dubbel ontvang as hulle gedurende openbare vakansiedae / Sondag werk.
  • Hulle moet na vyf uur se werk 60 minute onderbreek.
  • Ondernemings mag nie kinders onder die ouderdom van 16 aanstel nie.
  • Werkers kan tot ses weke betaalde siekteverlof gedurende ‘n 36-maandesiklus neem
  • Werkers moet slegs 9 uur per dag werk in ‘n vyf dae werksweek. 8 uur per dag per dag 6 dae werksweek.
  • Oortyd moet nie langer as 10 uur per week wees nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly